‘n Behoorlik opgestelde en verlyde testament (jou “Laaste Testament en Wilsbeskikking”) is die enigste manier waarop jy kan verseker dat daar behoorlik na jou geliefdes omgesien word wanneer jy nie meer daar is nie.

Die belangrikste om te onthou is dat ‘n geldige testament die enigste manier is waarop jy aanwysings kan gee oor wie van jou gaan erf en wat hulle van jou gaan erf. Is daar enige beperkings op hierdie Testeervryheid? Kan jy byvoorbeeld jou gade onterf? Wat van jou kinders? Wie bepaal wie die begunstigdes van jou pensioen- en aftreefondse gaan wees?

Hierdie is gewigtige vrae en ons bespreek die antwoorde daarop met verwysing na ‘n aantal belangrike hofuitsprake oor hierdie onderwerp. Ons kyk ook na die algemene regsbeginsels waarvan jy kennis moet neem.
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
September 2019 NUUSBRIEF
Jou Testament: Wat jy mag bepaal en wat nie.
‘n Behoorlik opgestelde en verlyde testament (jou “Laaste Testament en Wilsbeskikking”) is die enigste manier waarop jy kan verseker dat daar behoorlik na jou geliefdes omgesien word wanneer jy nie meer daar is nie.

Die belangrikste om te onthou is dat ‘n geldige testament die enigste manier is waarop jy aanwysings kan gee oor wie van jou gaan erf en wat hulle van jou gaan erf. Is daar enige beperkings op hierdie Testeervryheid? Kan jy byvoorbeeld jou gade onterf? Wat van jou kinders? Wie bepaal wie die begunstigdes van jou pensioen- en aftreefondse gaan wees?

Hierdie is gewigtige vrae en ons bespreek die antwoorde daarop met verwysing na ‘n aantal belangrike hofuitsprake oor hierdie onderwerp. Ons kyk ook na die algemene regsbeginsels waarvan jy kennis moet neem.
lees meer


Eiendom: Is Mondelingse Ooreenkomste Geldig?
ArticleImage
Soos die rolprent-magnaat Samuel Goldwyn dit gestel het: “’n Mondelingse kontrak is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie”. Die probleem met mondelingse ooreenkomste is die gevare van waninterpretasie, twyfel, geskille en blatante en bedrieglike ontkenning. Skryf eerder die bepalings neer en onderteken dit, selfs al is mondelingse ooreenkomste in Suid-Afrika (in die meeste gevalle) net so bindend soos geskrewe kontrakte.

In sekere gevalle is mondelingse kontrakte egter nie bloot ‘n slegte idee nie, maar dit is ook ongeldig. ‘n Mondelingse kontrak vir die verkoping, ruiling, of skenking van grond, of enige “belang in grond” is byvoorbeeld ongeldig. Ons kyk na die gevaar daarin om hierdie vereiste mis te kyk aan die hand van ‘n onlangse saak in die Hooggeregshof oor ‘n “reg van weg” ooreenkoms.
   
lees meer
Wat is swak werksprestasie? ‘n Geval waar verkoopsteikens nie gehaal is nie
ArticleImage
Die kern van die ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer is die volgende: “Ek stem in om jou te betaal vir die werk wat jy vir my doen”. ‘n Werknemer wie se prestasie onvoldoende is, verbreek dus die ooreenkoms ingevolge hierdie definisie.

Verleen dit dan aan jou as werkgewer die reg om jou werknemer te ontslaan? Indien die ontslag in die hof eindig, wie dra die las om te bewys dat die ontslag regverdig of onregverdig was? Bied ons arbeidswetgewing enige riglyne oor wanneer ontslag regverdig of onregverdig is?

Ons bespreek hierdie vrae met verwysing na ‘n onlangse Arbeidshofsaak waar ‘n groep verkoopspersoneel ontslaan is nadat hulle nie daarin kon slaag om hul verkoopteikens te behaal nie.
   
lees meer
Huisbouers – die Kontrakteur moet by die NHBRC registreer.
ArticleImage
Of jy nou ‘n residensiële eiendomsontwikkelaar is, jou eie huis bou, of ‘n bouer/kontrakteur aanstel om dit te bou, moet jy weet dat dit uiters belangrik is om aan die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers en die  vereistes daarvan te voldoen. Dit sluit registrasie by die NHBRC en die betaling van inskrywingsgelde in.  

Dit is belangrike wetgewing, ontwerp om “beskerming te bied teen onbevoegde bouers en teen die oprigting van huise met strukturele defekte”. Versuim om aan die Wet se bepalings te voldoen hou ernstige en nadelige nagevolge in.

Ons bespreek twee onlangse en belangrike hofsake wat handel oor die vraag of die Wet op bouers wat trusts is, asook op “koop-om-te-verhuur” ontwikkelaars, van toepassing is.
   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: Videogidse om jou eie Besigheid te Begin
ArticleImage Baie van ons droom daarvan om ons eie florerende besigheid te begin. Nie almal neem die volgende stap om hierdie ambisieuse doelwit aan te pak nie, wat nog te sê om die doelwit te bereik nie. Dit is ook geen wonder nie. Dit is vreesaanjaend om jou eie rigting in te slaan en daar is menige uitdagings wat vir jou wag op jou pad na sukses.

So waar moet jy begin? Die internet bied ‘n magdom van nuttige bronne vir entrepreneurs (en entrepreneurs-in-wording). Die algemene beginsels van entrepreneurskap is universeel, so ons neem jou na ‘n Amerikaanse webwerf wat ‘n uitgebreide biblioteek van maklik-hanteerbare videomateriaal bevat – alles van “5 myths about starting your own business” tot by “Finding new business ideas in the everyday”…
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews