Jy moet verkieslik regsadvies inwin voordat jy enige ooreenkoms sluit, veral wanneer dit met eiendom uit te maak het.  

‘n Onlangse saak in die Hooggeregshof illustreer hierdie punt. ‘n Eiendom is verkoop en na die nuwe eienaar oorgedra. Die bewoners van die eiendom het egter volstrek geweier om die eiendom te ontruim en het die aansoek om hul uitsetting teengestaan. Die bewoners het verder ook probeer om die oordag van die eiendom ter syde te stel, alles op grond van ‘n beweerde mondelinge ooreenkoms tussen hulle en die verkoper.

Watter lesse kan ons hieruit leer? ...
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Augustus 2017 NUUSBRIEF
Mondelinge ooreenkomste – die eiendomsperspektief
Jy moet verkieslik regsadvies inwin voordat jy enige ooreenkoms sluit, veral wanneer dit met eiendom uit te maak het.  

‘n Onlangse saak in die Hooggeregshof illustreer hierdie punt. ‘n Eiendom is verkoop en na die nuwe eienaar oorgedra. Die bewoners van die eiendom het egter volstrek geweier om die eiendom te ontruim en het die aansoek om hul uitsetting teengestaan. Die bewoners het verder ook probeer om die oordag van die eiendom ter syde te stel, alles op grond van ‘n beweerde mondelinge ooreenkoms tussen hulle en die verkoper.

Watter lesse kan ons hieruit leer? ...
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Seksuele misdrywe: Tydsbeperking om te vervolg het verval
ArticleImage Dikwels is die slagoffers van seksuele misdade so erg getraumatiseer en geïntimideer dat hulle dekades neem om dit aan te meld, indien ooit.  

Tot dusver moes sekere seksuele misdade binne 20 jaar vervolg word. Baie slagoffers (wat intussen volwassenes geword het) is hierdeur die geleentheid ontneem om die misdadiger voor die gereg te bring. 

‘n Beslissing van die Hooggeregshof het hierdie posisie verander. Ons kyk in meer besonderhede na hierdie rigtinggewende uitspraak en die gevolge daarvan.
   
lees meer
Vervalle Vuurwapenlisensies: Die Hooggeregshof bied die nodige uitkoms
ArticleImage
Tot op hede moes jy betyds jou vuurwapenlisensie hernu, anders sou dit verstryk het. Jy sou dan geen alternatief hê as om die vuurwapen aan die polisie te oorhandig nie. Jy loop die risiko om vervolg te word en jy sal ook nie enige waarde vir die vuurwapen kan verhaal nie.

Soos die Wet op Beheer van Vuurwapens tans daar uitsien, is dit nie vir jou moontlik om weer binne die beskermende raamwerk van die wet in te kom as die toegelate 90 dae verstryk het nie. 

DieHooggeregshof kom egter tot die redding – lees gerus verder vir meer inligting ...
   
lees meer
SARS en die Spesiale Vrywillige Openbaarmakingsprogram (“the Special Voluntary Disclosure Programme SVDP”) Die tyd is op hande!
ArticleImage
“The SVDP is meant for individuals and companies who have not in the past disclosed tax and exchange control defaults in relation to offshore assets” (SARS)

Hierdie Spesiale Vrywillige Openbaarmakingsprogram van SARS handel oor belasting en valutabeheer aangeleenthede wat spruit uit buitelandse bates. 
   
Indien jy nie seker is of jy moet aansoek doen vir hierdie program nie, verkry so gou moontlik advies en duidelikheid hieroor.  

Die sperdatum van 31 Augustus 2017 is op ons. Vanaf September 2017 word Suid Afrika en SARS deel van ‘n netwerk van meer as 50 lande waar die belastingowerhede outomaties belastinginligting tussen mekaar gaan deel. Teen September 2018 sal die deelnemende lande uitbrei tot ‘n honderd lande.    
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Geniet Winter soos ‘n Wiking
ArticleImage
As jy sukkel met die laaste deel van ons winter, dink bietjie aan die Skandinawiese lande en hoe Denemarke met lang, koue winters gereeld daarin slaag om as die “Gelukkigste Land in die Wêreld” aangewys te word. 

Hoe sou ons Deense vriende dit regkry? Waarskynlik met die hulp van die ou Wikingse konsep van “hygge”.  Aldus die Oxford English Dictionary is “hygge - a quality of cosiness and comfortable conviviality that engenders a feeling of contentment or well-being (regarded as a defining characteristic of Danish culture)”.  

Dink aan kaggelvure, vriende, kerse, kos en wolkomberse. 

Dit is maklik om jou huis ‘n tuiste van rustigheid en koestering te maak. Hier is vir jou 10 voorstelle. “How to Hygge: Embrace the Cosy Danish Concept”.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews