Jy gaan inkopies doen by jou gunsteling supermark. Terwyl jy in die gang afstap, gly jy op ‘n nat en gladde gedeelte van die vloer en jy word beseer. Het jy ‘n eis teen die supermark vir jou besering en jou skade?
In beginsel sal jy wel oor ‘n eis beskik, indien jy kan aantoon dat die winkel en sy werknemers nalatig was. So ‘n saak is onlangs in die Hoogste Hof van Appèl beslis. Hier het die klant gegly en geval op die gladde vloeroppervlak, nadat ‘n skoonmaker die vloer tydens ‘n besige tyd, met ‘n mop skoongemaak het. Daar was wel ‘n duidelike waarskuwingsteken, maar hierdie teken was ‘n ent weg van waar die klant gegly en haar beserings opgedoen het.
|