Of jy nou ‘n verhuurder of ‘n huurder is, gaan jy op ‘n stadium moet vra: “Wat gebeur as die huurooreenkoms voortydig gekanselleeer word?” 

Die keuses wat ons maak het natuurlik altyd gevolge. ‘n Huurder wat uit die ooreenkoms wil tree, gaan waarskynlik iets daarvoor moet inbetaal.  

Wat die omvang van daardie betaling gaan wees en hoe lank kennis die huurder moet gee, hang van heelwat faktore af …
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
Junie 2018 NUUSBRIEF
Wat gebeur as jy jou huur voortydig wil opsê?
Of jy nou ‘n verhuurder of ‘n huurder is, gaan jy op ‘n stadium moet vra: “Wat gebeur as die huurooreenkoms voortydig gekanselleeer word?” 

Die keuses wat ons maak het natuurlik altyd gevolge. ‘n Huurder wat uit die ooreenkoms wil tree, gaan waarskynlik iets daarvoor moet inbetaal.  

Wat die omvang van daardie betaling gaan wees en hoe lank kennis die huurder moet gee, hang van heelwat faktore af …
lees meer


Padwoede – Dagvaar en meld dit aan!
ArticleImage Die gevalle van padwoede is aan die toeneem. Indien jy die ongelukkige slagoffer hiervan word, moet jy jou opsies teen die oortreder oorweeg.

Jy het dalk ‘n eis vir skadevergoeding. Jy behoort die voorval by die polisie aan te meld. Die Hooggeregshof het onlangs ‘n oortreder se skuldigbevinding aan aanranding en strafregtelike krenking bevestig. Ons kyk kortliks na die feite van die saak. Die risisko om ‘n kriminele rekord te kry is waarskynlik ‘n groter afskrikking vir oortreders as wat ‘n boete is. 
   
lees meer
Fluitjieblasers: Wat gebeur as jou aanmelding feitelik verkeerd is?
ArticleImage ‘n Fluitjieblaser in die werksomgewing geniet wetlike beskerming vir sy of haar aanmelding. Hiervoor sorg die Wet op Beskermde Openbaarmakings, maar slegs indien die aanmelding voldoen aan die wet se vereistes.  

Ons kyk na die geval van ‘n werknemer wie se aanmelding aan haar werkgewer feitelik nie korrek was nie. Sy is afgedank omdat sy nie met haar kollegas oor die weg kon kom nie. Die  Arbeidsappèlhof moes beslis of sy afgedank is omdat sy ‘n fluitjieblaser was of nie. Hier is lesse te leer vir werkgewers en werknemers. Ons let veral op die belangrike vrae wat ‘n voornemende fluitjieblaser moet oorweeg, voordat hy of sy ‘n aanmelding doen. 
   
lees meer
Lewensmaats: Wees gewaarsku teen die mite van ‘n gemeenregtelike huwelik.
ArticleImage Dit is lankal nie meer ongewoon vir mense om in ‘n saamwoonverhouding te leef, sonder om formeel te trou nie (of selfs om ‘n burgerlike verbintenis te registreer of om ‘n gebruiklike huwelik aan te gaan). Daar is wel ‘n mite van ‘n sogenaamde gemeenregtelike huwelik wat sou onstaan as lewensmaats saamwoon.  

Kom ons praat reguit hieroor, ons kyk na die risiko as jy niks doen nie en die verhouding kom dan tot ‘n einde en ook na ‘n maklike en praktiese oplossing wat jy nou al kan toepas.  

   
lees meer
Webwerwe van die Maand: Gesondheid, geluk en produktiwiteit op kantoor.
ArticleImage Of jou kantoor groot of klein is, die uitleg daarvan bly van uiterste belang vir jou werknemers se fisiese en geestelike gesondheid.  

Kyk met nuwe oë na jou kantoor se bestaande uitleg deur die “5 Office Design Hacks That Will Increase Employee’s Productivity” te gebruik op die Dumb Little Man webwerf.

Dan is daar natuurlik plante!
  ‘n Duidelike en wetenskaplike uiteensetting oor hoe plante die lug suiwer en jou kantoorruimte verbeter is te vinde op Plant Life Balance se “The Simple Science” blad. Daarmee kan jy elke vertrek in jou huis of in jou kantoor oorweeg – en vasstel hoe gesond dit is. Hoeveel potplante benodig jy om die vertrek ‘n gesonde ruimte te maak? 


Uit die HAT:

stollingsgesteente s.nw. (-s) (geologiese term) gesteente ontstaan deur afkoeling van magma/lawa wat uit vulkane stroom. 

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews