Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Wessels + van Zyl Inc Nuusbrief     |    MEI 2015
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Jou Woning In ‘n Familietrust – Wat Gebeur Met ‘n Egskeiding?
“….. trust assets held by a trustee in trust, do not form part of the personal property of such trustee as a matter of law” (Aanhaling geneem uit die uitspraak hieronder.)

Jou woning is in die naam van ‘n familietrust geregistreer. Hoe sal die situasie hanteer word indien ‘n egskeiding sou volg? Moet ‘n gedeelte van die huis se waarde aan jou toegeken word? 

Hierdie saak het uiteindelik in die Hoogste Hof van Appèl gaan draai.

Die aanslag op die trust  
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
As CIPC Jou Maatskappy Deregistreer . . .
Jou maatskappy of beslote korporasie moet jaarliks die voorgeskrewe opgawe by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) indien. Sou die CIPC dit nie ontvang nie, aanvaar hulle dat die maatskappy onaktief is en sal hulle met die proses van deregistrasie begin. Dit sal inhou dat die maatskappy regtens nie meer bestaan nie.

Deregistrasie is ‘n gemors 

Dit hou ernstige nagevolge vir enige maatskappy en sy mense in –
 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Ongetroude Vaders – Regte En Verantwoordelikhede
Hoe en wanneer sal die ongetroude biologiese vader van ‘n kind ten volle ouerlike regte en verantwoordelikhede oor daardie kind kan verkry? ‘n Onlangse uitspraak in die Appèlhof gee die nodige leiding hieroor.

Weg, heeltemal weg  – ‘n baba word oorsee geneem sonder die vader se medewete of toestemming
  1. Die moeder van ‘n kind van vier maande oud het met hom na Engeland vertrek met die doel om hulle permanent daar te gaan vestig. Sy het nie die vader van die kind se toestemming gevra of hom ingelig oor haar beplande hervestiging nie. 

  2. Die biologiese ouers was nooit met mekaar getroud nie, hulle het ook nie saamgewoon of in ‘n permanente lewensverhouding met mekaar verkeer nie.

  3. ...
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Werkgewers En Jou Jaarlikse Rekonsiliasie: Begin Nou
Die jaarlikse EMP501 rekonsiliasie vir die periode 1 Maart 2014 tot 28 Februarie 2015 moet teen Vrydag 29 Mei 2015 by SARS ingedien word. Gee jouself voldoende tyd om enige navrae en verskille aan te spreek deur nou reeds met jou rekonsiliasie te begin. 

Laai ook die nuutste weergawe van “e@syFile Employer” af van SARS se webtuiste te http://www.sars.gov.za/TaxTypes/PAYE/Pages/Employer-Interim-Reconciliation.aspx. (Die webblad bevat ook ‘n volledige gids oor die voltooiing van jou opgawe.)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Bestuurders: Beskerm Julle Kinders!
Met ingang van 30 April 2015, moet enige kind onder die ouderdom van drie jaar op ‘n gepaste kindersitplek of soortgelyke beskermingsmeganisme wees wanneer hulle in jou kar vervoer word.

Vir verdere inligting oor die kies van ‘n toepaslike kindersitplek/ “booster” sitplek/ kindergordel of veiligheidsmeganisme vir die verskillende ouderdomsgroepe, kyk gerus na “Child Restraints and Road Safety” op Arrive Alive se webwerf https://www.arrivealive.co.za/Child-Restraints-and-Road-Safety.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Mei se Webwerf: Jou Vergane Skootrekenaar – Wat Kan Jy Daarmee Doen?
“This parrot is no more. It has ceased to be. It's expired and gone to meet its maker. This is a late parrot. It's a stiff. Bereft of life, it rests in peace. If you hadn't nailed it to the perch, it would be pushing up the daisies. It's rung down the curtain and joined the choir invisible. This is an ex-parrot.” (Uit Monty Python se Flying Circus)

Indien jou skootrekenaar/rekenaar/televisiestel/tablet of selfoon die gees gegee het, moet dit nie net weggooi nie. E-afval (elektroniese en elektriese afval) bevat waardevolle sowel as gevaarlike materiaal; dit behoort deur spesialiste hanteer en herwin te word.
 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Bonus Webwerf: Beurtkrag Kennisgewings
Miguel de Cervantes het eeue gelede al geskryf dat deeglike voorbereiding jou reeds halfpad na oorwinning sal help. 

Dit is altyd ‘n frustrasie om onverwags met beurtkrag geslaan te word. Wees voorbereid – registreer nou vir Sharenet se gratis waarskuwings op hul webwerf tehttp://www.sharenet.co.za/loadshedding/. Kyk ook vir die skakel na hul Android toepassing aan die einde van jou registrasieproses.


Uit die HAT: 

Dwarsbanker: Lid van die Parlement wat op ‘n dwarsbank sit, verste van die Speaker; gewoonlik ‘n onbelangrike of onafhanklike lid.
 
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews