Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN November 2014
 
 
 
Ontwikkelaars: Registrasie By Nhbrc Is Verpligtend
 
Ontwikkelaars van residensiële eenhede is verplig om by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC) te registreer, voordat hulle ‘n boukontrak sluit of voordat hulle met die oprigting van ‘n wooneenheid begin. 

Indien die ontwikkelaar nie geregistreer is nie, of selfs waar registrasie laat gedoen word, sal die ontwikkelaar nie betaling kan afdwing nie. Inteendeel, die ontvangs van betaling onder hierdie omstandighede is ‘n oortreding van die wet. 

Dit maak ook nie saak dat die boukontrakteur wat jy gebruik wel geregistreer is nie. Die wet vereis dat beide die ontwikkelaar en die boukontrakteur by die raad geregistreer moet wees. 

Hierdie kernpunte is in ‘n onlangse uitspraak van die Grondwetlike Hof bevestig.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Trusts In Die Spervuur  
 
 
Skadevergoeding Vir Owerspel – Uitgesterf?  
 
 
Fluitjieblaser En Facebook  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
“Onoorwinlikheid is in die verdedigingslinie opgesluit; die moontlikheid van oorwinning in die aanval.” (Sun Tzu)

Dit is ‘n tafereel wat hom al te dikwels afspeel. Wanneer jy probeer om geld wat aan jou verskuldig is, in te vorder, blyk dit dat die persoon se bates in trust gehou word. Dit is daardie luukse woning, vakansiehuis, of selfs ‘n seiljag wat in ‘n familietrust of in ‘n besigheidstrust gehou word.


Skuldeisers: Volg die bates
  • Soos altyd, is dit raadsaam om behoorlik ondersoek te doen na die finansiële posisie van ‘n persoon, voordat krediet verleen word. Indien dit dan blyk dat die meeste van sy bates in trust gehou word, moet jy daarop aandring dat die trustees van die trust, die trust as ‘n borg verbind. Netso met enige ander gekoppelde entiteit waarin jou debiteur ‘n belang het en waarin bates gehou word.

  • Jy moet veral bedag wees op die samestelling van leningsrekeninge en moontlike onregmatige handelinge met of vervreemding van bates, hetsy van die individu of van die trust . . .
 
 
 
“The Dodo suddenly called out 'The race is over!'”  (Lewis Carroll, Alice in Wonderland)

‘n Gelukkige huwelik wat al jare bestaan. ‘n Derde party wat op die toneel verskyn. ‘n Verhouding wat tussen die derde party en jou huweliksmaat ontstaan. ‘n Huwelik wat nie meer bestaan nie. Kan die onskuldige huweliksmaat skadevergoeding van die derde party eis, vir die verbrokkeling van die huwelik?

Ons regstelsel het vir eeue lank so ‘n eis vir skadevergoeding voortspruitend uit ‘n owerspelige verhouding erken. Die gronde was gewoonlik - 
  • Belediging of skending van eiewaarde (“Contumelia” in regstaal), en/of
  • Verlies aan huweliksamesyn (“Consortium”)
‘n Man het in die Hoë Hof geslaag met ‘n eis vir skadevergoeding van R75,000 teen die man met wie sy vrou ‘n intieme verhouding aangeknoop het. Dit het aanleiding gegee tot die huwelikspartye se egskeiding . . .
 
 
 
Whistleblowing should be encouraged. Employees who risk occupational detriments by making bona fide and reasonable disclosures about irregularities at the workplace if their attempts to have the employer address such irregularities, fall on deaf ears, must be protected” (uittreksel uit die uitspraak van die Arbeidshof saak wat hieronder bespreek word)


Die ander kant van die munt is dat daar wel gevalle gaan wees waar afdanking geregverdig is . . .
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Eiendomskopers en Die Verkoper se Uitstaande Eiendomsbelasting: Moet Dit Nie Betaal Voordat Jy Regsadvies Verkry Het Nie!
 
Wanneer jy jou droomhuis koop, kom jy met ‘n skok agter dat die verkoper nog eiendomsbelasting op die eiendom verskuldig is. Dan verneem jy dat jy nie ‘n nuwe elektrisiteitsrekening kan open tensy al die agterstallige skuld vereffen is nie. Jy maak dit duidelik dat dit onregverdig is dat daar van jou verwag word om iemand anders se skulde te betaal, maar die Munisipaliteit wil nie toegee nie. Wat staan jou te doen?

In LawDotNews se April 2014 nuusbrief het ons ook hierdie omstrede situasie aangeraak. Ons het die vraag afgevra of kopers blootgestel sal word vir eiendomsbelasting wat al vir langer as twee jaar uitstaande is. Dit is die eiendomsbelasting wat nie in die munisipale uitklaringsertifikaat ingesluit is nie.

‘n Onlangse uitspraak van die Hoë Hof het hierdie vraag in die guns van kopers by eksekusieverkopings beslis. Die Hof bevind dat ‘n munisipaliteit nie slegs op sterkte van ou uitstaande munisipale skulde, kan weier om dienste soos elektrisiteit, water, sanitasie en vullisverwydering aan die nuwe koper te verskaf nie.
| lees meer |
 
 
 
 
Die November Webtuiste: Familie Kontakbesonderhede “In Geval Van Nood” (“Ice Number – In Case Of Emergency”)
 
Met die feesseisoen wat nou vinnig nader kom, is daar ook baie meer van ons wat reis en die paaie gebruik. Ongelukkig verhoog dit ook ons almal se risiko om in ‘n ernstige ongeluk betrokke te wees. Wees voorbereid. Laai jou familielede wat in geval van nood eerste gekontak moet word, se kontakbesonderhede op jou selfoon. Maak seker dat jou familielede dieselfde doen, voordat hulle enige reise aanpak.
 
Hierdie noodnommers maak dit maklik vir nooddienste en hospitaalpersoneel om jou naasbestaandes te kontak wanneer jy dit nie self kan doen nie. Sonder sulke nommers sal hulle eers deur die kontaknommers op jou foon moet werk en raaiskote hieroor moet neem. Gebruik “ICE1”, “ICE2”, “ICE3” indien jy veelvuldige persone en hul nommers as jou kontaknommers in nood, wil aanwys. 

Gaan kyk gerus na Arrive Alive se webblad “Cellular Technology and Road Safety” vir ander nooddienstenommers en verdere veiligheidsvoorstelle.
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews