Daar is ‘n besondere risiko daaraan verbonde om eiendom aan ‘n trust te verkoop. Hoewel hierdie risiko maklik vermy kan word, word verkopers steeds dikwels onkant gevang. 

Dit is belangrik om seker te maak dat die trustee/s wat ‘n aanbod om te koop/koopooreenkoms onderteken, gemagtig is om dit te doen. Versuim om hierdie aspek na te gaan kan jou dalk die kooptransaksie kos. Ons illustreer hierdie vereiste aan die hand van ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl. In hierdie saak is die verkoper se eis van R3 miljoen verwerp, omdat slegs een van die twee trustees ‘n koopooreenkoms namens die koper onderteken het.

Ons sluit af en oorweeg of ‘n ongemagtigde trustee in so ‘n geval persoonlik vir skadevergoeding aanspreeklik gehou kan word.
 


Wessels & Smith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
December 2019 NUUSBRIEF
Eiendomstransaksies en Trusts: Dring aan op skriftelike bewys van die Trustees se Magtiging
Daar is ‘n besondere risiko daaraan verbonde om eiendom aan ‘n trust te verkoop. Hoewel hierdie risiko maklik vermy kan word, word verkopers steeds dikwels onkant gevang. 

Dit is belangrik om seker te maak dat die trustee/s wat ‘n aanbod om te koop/koopooreenkoms onderteken, gemagtig is om dit te doen. Versuim om hierdie aspek na te gaan kan jou dalk die kooptransaksie kos. Ons illustreer hierdie vereiste aan die hand van ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl. In hierdie saak is die verkoper se eis van R3 miljoen verwerp, omdat slegs een van die twee trustees ‘n koopooreenkoms namens die koper onderteken het.

Ons sluit af en oorweeg of ‘n ongemagtigde trustee in so ‘n geval persoonlik vir skadevergoeding aanspreeklik gehou kan word.
lees meer

How can we help you

Dit is nou weer makliker om Suid-Afrika met kinders te besoek – Dit is hoe dit werk.
ArticleImage Suid-Afrika is ‘n wonderlike vakansie-bestemming vir gesinne. Daarom is die regering se aankondiging dat die vereistes vir kinders om die land binne te kom, verslap is met ope arms verwelkom.

Ons kyk na die dokumentêre vereistes wat tot nou toe van toepassing was, in watter mate dit nie meer van toepassing is nie, en die beperkte toepassing van die nuwe vereistes.

Ons sluit af met ‘n tabel van die Departement van Binnelandse Sake wat poog om presies uiteen te sit watter dokumente benodig word om Suid-Afrika binne te kom, vir beide Suid-Afrikaanse en buitelandse kinders in ‘n verskeidenheid van omstandighede.
   
lees meer
Alle Maatskappye: Wees gereed vir die Verpligte Nuwe CIPC Kontrolelys vir Nakoming
ArticleImage Indien die CIPC jou maatskappy sou deregistreer, sal dit ernstige nagevolge vir jou maatskappy, jou besigheid, en vir jou persoonlik inhou. Neem dus die nuwe “kontrolelys vir nakoming” ernstig op.

Totdat jy die kontrolelys voltooi het sal jy nie jou maatskappy se jaarlike opgawe kan indien nie. Dit is hier waar die moeilikheid begin. Die CIPC se stelsel sal dan aanvaar dat jou besigheid nie meer bestaan nie en jou maatskappy deregistreer.

Die voltooiing van die kontrolelys was tot nou toe vrywillig, maar sal vanaf 1 Januarie 2020 verpligtend wees vir alle maatskappye en beslote korporasies. Jou eerste stap is om vas te stel wanneer jou volgende jaarlikse opgawe ingedien moet word ...
   
lees meer
Eienaars, Kopers, en Agente: Verlore Titelaktes en Verbande – Neem Nou Aksie!
ArticleImage Sonder jou oorspronklike titelakte kan jy nie oordrag van jou eiendom aan ‘n koper gee nie. Tot nou toe was die proses om ‘n vervangende gesertifiseerde afskrif van ‘n verlore akte te kry relatief vinnig en goedkoop. Vanaf 1 Januarie 2020 verander dit.
 
Ons bespreek wat ‘n titelakte is en verduidelik die nuwe prosedures om ‘n vervangende akte te verky. Ons maak ook voorstelle aan alle eienaars van eiendom (nie slegs aktiewe verkopers nie), kopers, eiendomsagente en verbandhouers.

Die eerste item op jou aksielys sal wees om seker te maak jy weet presies waar die titelakte is. Indien dit verlore is, sal die tweede item wees om jou prokureur dringend te nader om te help met die verkryging van ‘n vervangende akte, voordat jou plaaslike Aktekantoor vir die Desember vakansie sluit.
   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: ‘n Feesseisoen Kontrolelys vir jou huis se Sekuriteit
ArticleImage Elke jaar word die koms van die Vakansieseisoen deur groepe kriminele verwelkom – daar is ‘n groot aantal leë huise, waardevolle nuwe toestelle, en hope ontspanne huiseienaars wat nie op hul hoede is nie ... 

Lees hier hoe om die skurke te fnuik terwyl jy terselfdertyd jou jaarlikse vakansietyd geniet. Dit is mos ‘n tyd vir feesviering en ontspanning, eerder as ‘n tyd van bekommernis of alles gaan reg wees by die huis, of om na die tyd te stres oor ‘n inbraak (of erger).

“Locking Up For The Holidays: Your Home Security Guide” op die Private Property webwerf het ‘n handige kontrolelys tot jou beskikking. Dit is meestal gemik op huiseienaars wat uitstedig gaan wees, maar daar is ook goeie raad vir die wat met Jan Tuisbly se karretjie gaan reis.
   

ArticleImage

Dankie vir jou ondersteuning in 2019.

Ons wens jou ‘n Wonderlike Feesseisoen toe en ‘n Gelukkige en Voorspoedige 2020.

Geniet die ruskans wat nou om die draai is!
   

Website
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews