Ons is almal daarvan bewus dat nalatige of opsetlike optrede wat ‘n ander se skade of verlies veroorsaak, ons daaraan blootstel om vir skadevergoeding gedagvaar te word.

Mense is egter nie geredelik daarvan bewus dat diere-eienaars aanspreeklik gehou kan word vir verliese of skade wat deur hul diere veroorsaak word nie. Hierdie aanspreeklikheid werk op ‘n basis van “skuldlose” of “strenge aanspreeklikheid”. Dit beteken dat jy vir miljoene rande gedagvaar kan word selfs wanneer jy geen skuld in die saak gehad het nie.

Hoe kan jy dan aanspreeklik gehou word? Is daar enige verwere wat jou kan red? Hoe kan jy jouself beskerm? Ons stel ondersoek in, met verwysing na ‘n onlangse saak waar die eienaar van drie honde vir R2,3 miljoen gedagvaar is nadat sy honde ‘n onskuldige verbyganger wreed aangeval het, en die persoon in die proses sy arm verloor het.
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
April 2019 NUUSBRIEF
Jou hond, kat, koei (en selfs jou bye) kan jou miljoene uit die sak jaag
Ons is almal daarvan bewus dat nalatige of opsetlike optrede wat ‘n ander se skade of verlies veroorsaak, ons daaraan blootstel om vir skadevergoeding gedagvaar te word.

Mense is egter nie geredelik daarvan bewus dat diere-eienaars aanspreeklik gehou kan word vir verliese of skade wat deur hul diere veroorsaak word nie. Hierdie aanspreeklikheid werk op ‘n basis van “skuldlose” of “strenge aanspreeklikheid”. Dit beteken dat jy vir miljoene rande gedagvaar kan word selfs wanneer jy geen skuld in die saak gehad het nie.

Hoe kan jy dan aanspreeklik gehou word? Is daar enige verwere wat jou kan red? Hoe kan jy jouself beskerm? Ons stel ondersoek in, met verwysing na ‘n onlangse saak waar die eienaar van drie honde vir R2,3 miljoen gedagvaar is nadat sy honde ‘n onskuldige verbyganger wreed aangeval het, en die persoon in die proses sy arm verloor het.
lees meer


Bure aan die Bou? Ken jou regte met betrekking tot die goedkeuring van Planne
ArticleImage Geskille met die bure kom in verskeie vorme voor en dit kan vinnig tot in die hof eskaleer, wat duur nagevolge kan hê. Daarom moet ‘n mens so gou moontlik ‘n stokkie daarvoor probeer steek. Maar wanneer dit by dispute oor bou-aktiwiteite kom – of dit nou ‘n hele nuwe gebou is of slegs aanbouings of veranderinge – is die munisipale goedkeuring van die bouplanne ‘n goeie plek om by te begin. Sonder sodanige goedkeuring kan bouwerk (as ‘n algemene reël) nie voortgaan nie.

Ons bespreek ‘n onlangse uitspraak van die Grondwetlike Hof rakende die faktore wat die munisipaliteit (of eerder die “besluitnemende” munisipale werknemer wat die besluit moet neem) in ag moet neem wanneer bouplanne oorweeg word. Dit is belangrik om jou regte hier te ken en dit af te dwing! Dit kan jou dalk net beskerm teen probleme met die bure op ‘n latere stadium.
   
lees meer
Is jy gereed om jou lisensie met AARTO Strafpunte te verbeur? Dit is makliker as wat jy gedink het, en die wiele is besig om te draai.
ArticleImage Die regering het al soveel male met die AARTO strafpuntestelsel gedreig dat baie van ons uit die oog verloor het presies hoe ernstig dit ons gaan beïnvloed wanneer dit uiteindelik ingestel gaan word. Nou het die wiele van inwerkingtreding weer vinnig begin draai! Dit is tyd om voor te berei.

Die feit van die saak is dat elke motoris, elke voertuigeienaar, elke professionele bestuurder, elke vervoeroperateur, en ook elke werkgewer, risiko sal dra. Ons bespreek wat die “strafpunte” behels, hoe dit geallokeer en verminder word, en hoe en wanneer jou lisensie in gedrang sal wees.

Laaste maar nie die minste nie, kyk ons na ‘n tabel met sekere algemene verkeersoortredings en die strafpunte daaraan verbonde. Daar is ‘n paar verassings...
   
lees meer
Die Hof vir Klein Eise – Vanaf 1 April Kan Jy Dagvaar Tot en Met R20,000
ArticleImage Toegang tot die regspleging is ‘n duur en ingewikkelde affêre. Dit het die regering jare terug al genoop om ‘n alternatief tot hoofstroomhowe aan die publiek te bied. Die idee is om te help om dispute op ‘n “vinnige, bekostigbare en eenvoudige” wyse deur ons stelsel van Howe vir Klein Eise op te los

Wie kan die Hof vir Klein Eise gebruik? Wie kan gedagvaar word? Watter soort eise kan gebring word? Hoeveel kan geëis word en wat gebeur wanneer jou eis hoër as die limiet is?

Ons spreek hierdie vrae aan. Ons beveel ook aan dat dit beter is om regsadvies in te win wanneer ‘n oënskynlike klein eis dalk omvangryke nagevolge kan hê.
   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: Musiek vir Produktiewe Werk
ArticleImage Kan musiek ons produktiwiteit by die werk beïnvloed? Maak dit saak hoe kreatief jy is, of hoe geredelik jy nuwe dinge aanleer?

Die alombekende Albert Einstein het gesê hy “dink gereeld in musiek”, so as jy vind dat musiek ‘n belangrike deel van jou werkslewe uitmaak, is jy in goeie geselskap.

Ons verwys jou na ‘n webwerf met ‘n bespreking oor waarna die wetenskaplikes sê ons moet luister, asook wat die “regte tyd” hiervoor is, wat die “regte snit” is vir die “regte taak”, en watter musikale tempo ideaal is om die “alfa-staat” te bereik vir kalmte, gereedheid en konsentrasie.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews