Padongelukke is traumaties, of dit nou jou skuld was of nie. Selfs geringe botsings bring ‘n aantal probleme mee – paneelkloppers, sleepvoertuie, skok en verwyte, hope papierwerk, die verkryging van ‘n Botsingsverslagnommer vir die versekeraars...
Hierdie laaste punt is altyd ‘n groot addisionele stresfaktor. Dit behels ‘n besoek aan die plaaslike polisiestasie (wat waarskynlik nie ‘n plesierige ervaring gaan wees nie) en nog meer papierwerk.
Nie meer nie – die proses is nou effens makliker met die nuwe aanlyn aanmeldingsdiens van NaTIS (die Nasionale Verkeersinligtingstelsel) beskikbaar op hul webwerf
hier. Die indiening van die aanlyn verslag is regsbindend. Dit kan egter net gebruik word vir “geringe skade” botsings, en nie in gevalle waar iemand beseer is of gesterf het nie. Neem ook kennis van die tydsbeperking – “Alle botsings moet binne 24 uur of die volgende werksdag aangemeld word. (Nie-werksdae is Saterdae, Sondae en Openbare Vakansiedae).”
Verkry dringend jou prokureur se hulp indien dit meer as slegs ‘n geringe botsing is!