Ons Grondwetlike Hof het onlangs finaal beslis dat munisipaliteite nie ‘n nuwe eienaar van eiendom verantwoordelik kan hou vir die betaling van die verkoper se agterstallige munisipale skulde vir eiendomsbelasting en dienste nie. 

Voor hierdie uitspraak was ‘n koper op risiko om aanspreeklik gehou te word vir so ‘n onvoorsiene uitgawe. ‘n Koper sou begroot het vir die koopprys, die hereregte en die oordragskostes. As dit dan later sou blyk dat die verkoper ook onbetaalde historiese skulde by die munisipaliteit gelaat het, kon dit die koper se finansies erg deurmekaar krap.

Die bedrae wat ter sprake is, wissel natuurlik, maar in een geval het die munisipale skuld R6.5 miljoen beloop. 

Watter effek het hierdie uitspraak van die hof op kopers, verkopers, agente en munisipaliteite? Ons ondersoek hoe dit vir elkeenn in die praktyk gaan raak...
 


Teken aan
Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com roland@darroll-law.com www.darroll-law.com www.darroll-law.com
Oktober 2017 NUUSBRIEF
Hoe die uitspraak oor “Historiese eiendomsbelasting” jou raak
Ons Grondwetlike Hof het onlangs finaal beslis dat munisipaliteite nie ‘n nuwe eienaar van eiendom verantwoordelik kan hou vir die betaling van die verkoper se agterstallige munisipale skulde vir eiendomsbelasting en dienste nie. 

Voor hierdie uitspraak was ‘n koper op risiko om aanspreeklik gehou te word vir so ‘n onvoorsiene uitgawe. ‘n Koper sou begroot het vir die koopprys, die hereregte en die oordragskostes. As dit dan later sou blyk dat die verkoper ook onbetaalde historiese skulde by die munisipaliteit gelaat het, kon dit die koper se finansies erg deurmekaar krap.

Die bedrae wat ter sprake is, wissel natuurlik, maar in een geval het die munisipale skuld R6.5 miljoen beloop. 

Watter effek het hierdie uitspraak van die hof op kopers, verkopers, agente en munisipaliteite? Ons ondersoek hoe dit vir elkeenn in die praktyk gaan raak...
lees meer


Klein sake en POPI: Is dit die laaste keer?
ArticleImage
Dit gaan alles oor die beskerming van inligting van ‘n persoonlike aard. POPI (“the Protection of Personal Information Act”) – Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting moet vir ons welkome beskerming bied teen die gebruik van ons persoonlike inligting. Dit gaan oor die beskerming van ons name, identiteitsnommers, telefoonnommers, adresse, mediese besonderhede en so aan. 

Aan die ander kant word klein sake nou verplig om aan ‘n nuwe stel vereistes en burokratiese prosesse te voldoen en word terselftertyd ook aan die meegaande risiko’s blootgestel.  

Daar was al soveel vals alarms oor die moontlike inwerkingtreding van die POPI  wetgewing, dat ons dalk nie meer die omvang van die verpligtinge en die las op ons besighede besef nie. 

Ons kyk waar ons nou in die proses is en wat jy van POPI moet weet.
   
lees meer
Behuisingskomplekse: Mag jy Telkom se infrastruktuur gebruik om toegang te kry tot vesel?
ArticleImage
“Possession is nine-tenths of the law” 

Ons wil almal toegang hê tot supervinnige breëband internet. Met optiese vesel raak dit toenemend ‘n werklikheid vir huise en besighede in Suid-Afrika. 

As jy eers in ‘n area is met toegang tot vesel, kan jy maklik die kabels na jou woning of besigheid laat aanlê. As jou woning of kantoor in ‘n gemeenskaplike skema geleë is, is daar bykomende komplikasies met die aanlê van veselkabels.

Dit benodig toegang tot ondergrondse kabelgeleiding en dit is natuurlik ideaal om eerder by enige bestaande infrastruktuur in te skakel. Wat van Telkom se infrastruktuur as jy van ‘n ander diensverskaffer gaan gebruik maak? Ons kyk na ‘n onlangse Hooggeregshof uitspraak waar hierdie die geval was. 

   
lees meer
Benodig jy ‘n Lewende Testament of ‘n Mediese Aanwysing?
ArticleImage Nie alle mense wil ten alle koste kunsmatig aan die lewe gehou word nie. Indien jy een van hulle is, moet jy voortydig jou posisie hieroor duidelik maak. Gee jou instruksies deur aan jou geliefdes en dokters en versorgers terwyl jy nog heeltemal in staat is om dit te doen. 

Jou mediese toestand kan vinnig verander. Maak dit dus ‘n prioriteit om jou aanwysings te gee terwyl jy nog fisies en verstandelik in staat is om dit te doen. 

Moet jy ‘n mediese aanwysing maak en indien wel, hoe doen mens dit? Wat moet daarin staan? Sal dit uitgevoer word? Ons kyk na die belangrikste aspekte hieroor …
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Doen jou deel om Fopnuus te flous
ArticleImage
“Beware of false knowledge; it is more dangerous than ignorance” (George Bernard Shaw)

In 2017 is Fopnuus aan die orde van die dag. Dit word veral op Sosiale Media aangetref en versprei, met oningeligte gebruikers wat dit maklik ondersteun, deel en aanstuur. Ons breine is letterlik geprogrammeer om emosioneel te reageer op enige inligting, ongeag of dit akkuraat is. Die tydskrif Time hanteer die onderwerp onder die opskrif “Why People Can't Agree on Basic Facts” wat hier beskikbaar is. 

Dit is natuurlik ‘n gevaarlike reaksie. Ons kan tog nie bekostig om kritieke besluite - oor die ekonomiese vooruitsigte en die toekoms van ons besigheid, hoe om te belê, vir wie om te stem, hoe om ‘n sosiale of mediese probleem aan te pak -  te maak as dit op valse inligting gebaseer is nie. 

Wees dus op die uitkyk vir onwaarhede en verdraaide feite – ‘n goeie begin is die artikel “How to Spot Fake News Sites” op WikiHow.  

Moet ook nie deel raak van die probleem deur sonder skroom nuus aan te stuur of te deel as daar aanduidings van oordrywing, valsheid of sensasie betrokke is nie. Kyk eers of dit nie reeds op Snopes as fopnuus aangedui word nie.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews