Dit gaan alles oor die beskerming van inligting van ‘n persoonlike aard. POPI (“the Protection of Personal Information Act”) – Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting moet vir ons welkome beskerming bied teen die gebruik van ons persoonlike inligting. Dit gaan oor die beskerming van ons name, identiteitsnommers, telefoonnommers, adresse, mediese besonderhede en so aan.
Aan die ander kant word klein sake nou verplig om aan ‘n nuwe stel vereistes en burokratiese prosesse te voldoen en word terselftertyd ook aan die meegaande risiko’s blootgestel.
Daar was al soveel vals alarms oor die moontlike inwerkingtreding van die POPI wetgewing, dat ons dalk nie meer die omvang van die verpligtinge en die las op ons besighede besef nie.
Ons kyk waar ons nou in die proses is en wat jy van POPI moet weet.