Wanneer jy enigiets verkoop, vereis ons reg dat jy dit sonder enige gebreke aan die koper moet lewer. Dit is nie so maklik om dit met vaste eiendom te doen nie. Daarom moet jy jouself altyd met 'n voetstootsklousule ("sonder waarborg") in jou koopooreenkoms beskerm. 'n Onlangse saak in die Hooggeregshof handel oor 'n huis met daklekkasies, ‘n gebrekkige swembad, toerusting wat nie werk nie en 'n lys van ander gebreke. Die uitspraak wys dat dit jou nie sal beskerm as jy onregmatig opgetree het en versuim het om gebreke wat aan jou bekend was, ten tye van die verkoping aan die koper te openbaar nie. Dit is belangrik om die verskil tussen "patente" en "latente" gebreke te verstaan. Ons wys wat jy moet doen om dispute of beskuldigings van wanvoorstellings te voorkom wanneer jy jou eiendom verkoop. 
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Oktober 2018 NUUSBRIEF
Verkoop jou huis: Openbaar gebreke
Wanneer jy enigiets verkoop, vereis ons reg dat jy dit sonder enige gebreke aan die koper moet lewer. Dit is nie so maklik om dit met vaste eiendom te doen nie. Daarom moet jy jouself altyd met 'n voetstootsklousule ("sonder waarborg") in jou koopooreenkoms beskerm. 'n Onlangse saak in die Hooggeregshof handel oor 'n huis met daklekkasies, ‘n gebrekkige swembad, toerusting wat nie werk nie en 'n lys van ander gebreke. Die uitspraak wys dat dit jou nie sal beskerm as jy onregmatig opgetree het en versuim het om gebreke wat aan jou bekend was, ten tye van die verkoping aan die koper te openbaar nie. Dit is belangrik om die verskil tussen "patente" en "latente" gebreke te verstaan. Ons wys wat jy moet doen om dispute of beskuldigings van wanvoorstellings te voorkom wanneer jy jou eiendom verkoop. 
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Dagga – Hoe wettig is dit nou?
ArticleImage Of jy persoonlik al met kannabis / marijuana / weed / dagga kennis gemaak het of van voorneme is om dit binnekort te doen of nie, ons Grondwetlike Hof het die gebruik daarvan nou gedeeltelik gedekriminaliseer. Ons moet almal bewus wees van die gevolge hiervan. Ons kyk na die gevare en die grys gebiede wat oorbly. Wanneer kan jy nog hiervoor in hegtenis geneem word? Mag jy dagga gebruik en ‘n voertuig bestuur? Hoe moet die situasie in die werksplek hanteer word?

Ons sluit af met spesifieke kommentaar vir werkgewers.
   
lees meer
Notules van direksievergaderings is belangrik - “Wie, Wat, Waar, Wanneer en Hoekom?”
ArticleImage Die Maatskappywet plaas heelwat verpligtinge en verantwoordelikhede op jou as direkteur en die maatskappy in die algemeen as deel van die voorgeskrewe nakomingsverpligtinge.

Dit is daarom belangrik om behoorlik notules van die direksie- en komiteevergaderings voor te berei, te sirkuleer vir bevestiging en aanvaarding en om dit dan te bewaar. Dit is nie net ‘n wetlike voorskrif nie, maar dit is ook nodig vir goeie korporatiewe bestuur en vir die volledige rekordhouding van besluite en besluitnemingsprosesse.  

Ons kyk hierna en gebruik die bekende VYF woorde  - Wie, Wat, Waar, Wanneer en Hoekom.
   
lees meer
Werknemers : Wanneer moet hulle aftree?
ArticleImage
Werkgewers en werknemers: Ons het rekordgetalle werknemers wat nou hul sestigs betree. Baie van hulle is nog nie reg vir aftrede nie. Sommiges as gevolg van finansiële  redes. Sommiges wil nog aktief bly in hul beroepe of gebied van deskundigheid. Dit is natuurlik goeie nuus vir almal as dit ook in pas is met die werkgewer se behoeftes en beplanning. As dit nie die geval is nie, kan dit egter ‘n probleem raak.  

Lank voordat die werknemers hierdie ouderdom bereik, is daar ‘n paar ooglopende kwessies wat die partye met mekaar moet bespreek en ooreenkom. Wanneer moet werknemers aftree? Is daar so iets soos ‘n aftree-ouderdom? Ons kyk na beleide en ooreenkomste om onsekerhede hieroor uit die weg te ruim. Wat moet gebeur as ‘n werknemer die ouderdom bereik? Die antwoorde hiermee....
   
lees meer
Wat om te doen wanneer iemand tot sterwe kom
ArticleImage
Ons praat nie graag oor die dood nie. 

Die dood is egter onvermydelik. Van ons kant af moet ons seker maak dat ons gepaste en geldige testamente in plek het. Net so kan ons ook seker maak dat ons gereed is om met die praktiese en regsaspekte te handel, wanneer iemand wat naby aan ons is, tot sterwe kom. 

Dit bly ‘n proses wat met administratiewe en ander uitdagings omhul word. Wanneer jy besig is om die verlies van ‘n geliefde te verwerk, kan dit jou help as jy ‘n lys het van die belangrikste formaliteite en die praktiese aspekte waaraan jy aandag moet gee.
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews