Leen jy of jou organisasie geld aan die publiek uit? Of het jy van jou kant af fondse geleen (dalk met jou eiendom as sekuriteit) en staar jy nou finansiële probleme in die gesig? Neem dan kennis van ‘n onlangse uitspraak van die Hoë Hof. Hier het die hof ondersoek ingestel na die omstandighede waarin ‘n bank ‘n groot bedrag geld aan ‘n bejaarde egpaar geleen het. Hulle was afgetredenes wat op hul klein stukkie grond geboer het. Die hof bevind onomwonde dat die bank “roekeloos” opgetree het deur die lening goed te keur. Die hof gaan dan verder deur die lenings tersyde te stel en die verbande oor die eiendom te kanselleer.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
FEBRUARIE 2016 NUUSBRIEF
Kan Die Skuld Op Jou Eiendom Dan Geregtelik Gekanselleer Word?
Leen jy of jou organisasie geld aan die publiek uit? Of het jy van jou kant af fondse geleen (dalk met jou eiendom as sekuriteit) en staar jy nou finansiële probleme in die gesig? Neem dan kennis van ‘n onlangse uitspraak van die Hoë Hof. Hier het die hof ondersoek ingestel na die omstandighede waarin ‘n bank ‘n groot bedrag geld aan ‘n bejaarde egpaar geleen het. Hulle was afgetredenes wat op hul klein stukkie grond geboer het. Die hof bevind onomwonde dat die bank “roekeloos” opgetree het deur die lening goed te keur. Die hof gaan dan verder deur die lenings tersyde te stel en die verbande oor die eiendom te kanselleer.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Dubbele Burgerskap – Is Daar ‘n Risiko Dat Jy Jou Suid-Afrikaanse Burgerskap Kan Verloor?
ArticleImage Jy is ‘n Suid-Afrikaanse burger en besluit om vir dubbele burgerskap aansoek te doen. Jy woon of werk dalk oorsee of jy het finansiële redes of jy wil dalk net ‘n tweede paspoort hê om jou internasionale reise te vergemaklik. Jou redes daaragter is nie werklik belangrik nie. Wat wel uiters relevant is, is dat jy die risiko loop om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te verloor.
   
lees meer
Eiendomsagente: Beskerm Jou Kommissie So
ArticleImage Indien jy ‘n eiendomsagentskap se sake deur middel van ‘n maatskappy of ‘n beslote korporasie (BK) bedryf, is die volgende op jou van toepassing. In ‘n onlangse saak in die Hoë Hof het ‘n volbank regters beslis dat die BK nie geregtig was om die kommissie te eis nie. Die rede hiervoor was dat slegs die enkele lid van die BK in sy persoonlike hoedanigheid oor ‘n Getrouheidsfondssertifikaat beskik het. Daar was nie ‘n aparte sertifikaat uitgereik in die naam van die beslote korporasie wat gedagvaar het nie.
   
lees meer
Witboordjiemisdaad by die Werk – Rapporteer Dit!
ArticleImage Indien jy die slagoffer van misdaad by die werk is, moet jy nie in die strik val om sodanige misdaad slegs intern te hanteer nie. Ons howe het weereens bevestig dat hul daadwerklik sal optree om witboordjiemisdaad te straf. Selfs al is daar aansienlike versagtende faktore ter sprake, sal die howe steeds streng wees. ‘n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl illustreer die punt...
   
lees meer
Jou 2016 Begrotingswenke Word Aangevra!
ArticleImage Op 24 Februarie lewer die Minister van Finansies Pravin Gordhan weer sy begrotingsrede en hy wil graag jou wenke hoor. Jy kan jou voorstelle indien deur die “Budget Tips” skakel op die Nasionale Tesourie se webwerf te volg by http://www.treasury.gov.za/.
   
Februarie Webwerf: Oorleef Jou Volgende Rekenaar Ineenstorting
ArticleImage Kan jy en jou besigheid bekostig om jou belangrike inligting op jou rekenaarlêers te verloor?  Jou rekenaar se hardeskyf kan die gees gee of jou rekenaar kan gesteel word, of dit kan verloor, beskadig of vernietig word. 

As jy nog steeds per hand rugsteun kopieë na ‘n ander rekenaar of na ‘n eksterne hardeskyf maak, hou die volgende in gedagte...
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews