Dit is een van die belangrikste funksies van 'n Regspersoon om agterstallige heffings in 'n deeltitelskema so effektief en vinnig moontlik in te vorder.
Daar is ‘n verskeidenheid van invorderingsprosesse beskikbaar. Een daarvan is om by die Hooggeregshof aansoek te doen vir die sekwestrasie van die boedel van die agterstallige eienaar.
Soms is die dreigement van sekwestrasie voldoende om 'n agterstallige eienaar te kry om sy heffings te betaal. Indien die sekwestrasiebevel wel toegestaan word, word die Regspersoon die 'skuldeiser' wat aansoek doen en kan die Regspersoon aanspreeklik gehou word om die 'koste van sekwestrasie' te dek.
'n Onlangse uitspraak van die Appèlhof wys hoe en wanneer so 'n risiko kan ontstaan. Ons kyk na die feite en die betrokke wetgewing en ook na die verskillende invorderingsopsies wat vir ‘n Regspersoon beskikbaar is.
|