From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Verkopers van eiendom: Hoe, hoekom en wanneer om jou eie Aktebesorger te kies en aan te stel

Die verkoop van jou huis (en inderdaad enige van jou eiendomme), is ongetwyfeld ‘n transaksie wat vir jou van aansienlike finansiële belang is.

Daarom wil jy alles in jou vermoë doen om te verseker dat die oordragproses so glad en professioneel as moontlik verloop en dat die koopprys so spoedig moontlik uitbetaal.

Die eerste stap om hierdie doel te bereik is om die regte aktekbesorger (ook bekend as ‘n “oordragprokureur” of “aktevervaardiger”) vir die taak te benoem. Ons bespreek waarom elke oordrag deur ‘n aktebesorger behartig moet word, waarom jy as Verkoper die aktebesorger mag aanwys, hoe jy hierdie besluit moet benader, en waarom jy jou aangewese aktebesorger reeds vanuit die staanspoor by die verkoopproses moet betrek.
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Oktober 2021 NUUSBRIEF
Verkopers van eiendom: Hoe, hoekom en wanneer om jou eie Aktebesorger te kies en aan te stel

Die verkoop van jou huis (en inderdaad enige van jou eiendomme), is ongetwyfeld ‘n transaksie wat vir jou van aansienlike finansiële belang is.

Daarom wil jy alles in jou vermoë doen om te verseker dat die oordragproses so glad en professioneel as moontlik verloop en dat die koopprys so spoedig moontlik uitbetaal.

Die eerste stap om hierdie doel te bereik is om die regte aktekbesorger (ook bekend as ‘n “oordragprokureur” of “aktevervaardiger”) vir die taak te benoem. Ons bespreek waarom elke oordrag deur ‘n aktebesorger behartig moet word, waarom jy as Verkoper die aktebesorger mag aanwys, hoe jy hierdie besluit moet benader, en waarom jy jou aangewese aktebesorger reeds vanuit die staanspoor by die verkoopproses moet betrek.
lees meer


Suid-Afrikaanse burgers – moenie jou eie burgerskap prysgee wanneer jy vir ‘n ander aansoek doen nie!
ArticleImage

Menige Suid-Afrikaners wil graag dubbele burgerskap hê, hetsy om oorsee te kan woon en werk, hetsy om te reis, of vir welke rede ookal.

Wees versigtig! ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof het bevestig dat jy formele Ministriële toestemming moet verkry voordat jy vir buitelandse burgerskap aansoek doen. ‘n Verkeerde stap hier kan meebring dat jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. Dan is dit geen maklike taak om dit weer terug te kry nie.

Lees verder vir meer besonderhede – hoe kan jy jou burgerskap verloor (met ‘n nota oor ‘n paar uitsonderings), waarom dit gebeur, hoe jy dit kan verhoed, en wat jy kan doen indien dit reeds gebeur het.
   
lees meer
Werkgewers – oorweeg julle dit om Covid 19 inentings verpligtend te maak?
ArticleImage

Dit lyk beslis nie of ons binnekort die Covid-19 virus gaan afskud nie. Dit het steeds ‘n negatiewe ekonomiese impak op die meeste besighede.   

Vir die meeste besighede is dit ‘n prioriteit dat hul werknemers so gou as moontlik volledig ingeënt word. Maar kan ‘n werkgewer dit verpligtend maak? 

Hier is heelwat regte en belange wat oorweeg moet word en wat teenoor mekaar afgeweeg moet word. Ons kyk na die nuutste aanwysings van die regering se kant af.

Ons fokus op vyf gebiede van belang wat jou kan help met jul besluite hieroor...

   
lees meer
Wat sê SARS oor Kriptobates en belasting
ArticleImage

“The future of money is digital currency.” So sê Bill Gates. Die belangstelling in kriptobates en “geldeenhede” – soos Bitcoin, Ethereum, Polkadot, Solana en al die ander nuwe eenhede wat voortdurende die lig sien, is oorweldigend. 

Enigiemand wat kriptobates hou of wat van plan is om dit aan te koop moet ook bewus wees van die belastingposisie. Ons kyk na SARS se webwerf en ons kry daarin die Inkomstediens se posisie hieroor. 

SARS sit hul benadering oor kriptobates, hoe en wanneer belasting ter sprake sal kom, hoe dit sal werk (met ‘n voorbeeld van 2020/21 belastingjaar se ITR12 Belastingopgawe) en hoe die Inkomstediens rekord hou van transaksies met kriptobates, in besonderhede uiteen.  

   
lees meer
Webwerf van die maand: Die beste ouderdom om ‘n besigheid van die grond af te kry…
ArticleImage

Die Maatskappykantoor (“CIPC” – “The Companies and Intellectual Property Commission”) berig dat ‘n rekordgetal van 510 000 nuwe maatskappye in 2020 opgerig en geregistreer is. Dit is 32% meer as in 2019. (Sien die Moneyweb artikel hier). Die uitdagings en die geleenthede wat die pandemie bied en die ontwrigtende invloed op die ekonomie is in hierdie getalle te sien.

Werknemers wat afgelê is moes hulself herskep en entrepreneurs raak ten einde ‘n inkomste te verseker. Ander gryp geleenthede aan wat die nuwe ekonomiese omgewing in die tyd van die pandemie meegebring het. Daar is altyd geleenthede vir diegene wat ingestel is op “ontwrigtende” vernuwing.   

As jy jou eie besigheid oorweeg, het jy dalk ‘n vraagteken of jy te jonk of te oud vir so ‘n stap is? Kyk wat sê die wetenskap. Lees gerus die artikel “Science reveals the best age to start a thriving business” op Leader.co.za.


Uit die HAT:

Kristalkyker: s.nw. persoon wat in ‘n kristal staar, na bewering met die doel om sodoende ‘n beeld van die toekoms te kry.   (dink ook aan kristalbal)

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews