From : ian@sitecreations.co.za

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Jou Testament en ‘n Praktiese Plan vir Jou Naasbestaandes


 
 
 
 
 
 
 
 
 
Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN September 2016
 
 
 
Jou Testament en ‘n Praktiese Plan vir Jou Naasbestaandes
 
“As die hemel val, is ons almal dood.” Afrikaanse spreekwoord. 


Of jy nou jonk of jonk van gees is, gesond is of grondpad geloop het, ‘n lewensmaat het of jou eie potjie krap, ‘n testament moet jy hê. Daarsonder kom jy intestaat tot sterwe. Dit beteken jy besluit nie self hoe jou boedel vererf nie. Jy besluit nie self wie wat moet erf nie, ook nie hoe jou kinders versorg en hoe jou geldelike voorsiening vir hulle hanteer moet word nie, ook nie wie die boedel moet administreer en toedeel nie. Dit maak tog sin om jou naasbestaandes teen hierdie praktiese en finansiële risiko’s te beskerm.
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
‘n Bitter Pil! ‘n Eienaar Kan as ‘n Onwettige Besetter Uit Sy Eie Huis Gesit Word  
 
 
Maatskappydirekteure En Persoonlike Aanspreeklikheid: Wees Bedag  
 
 
Belasting – Sars Se Invorderaars By Jou Voordeur  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Al is jy die geregistreerde eienaar van ‘n huis, kan jy steeds as ‘n “onwettige besetter” uit die huis gesit word. 

Ons is almal vertroud met die mees algemene geval waar ‘n eienaar vrywilliglik besit aan ‘n ander persoon afstaan; dit is waar die woning uitverhuur word. ‘n Meer ingewikkelde geval is waar die eienaar ingevolge ‘n ooreenkoms (dikwels gevolg deur registrasie) aan iemand die reg op bewoning of habitatio verleen. Hoekom sal ‘n eienaar dit wil doen?
 
 
 
Ons Maatskappywet van 2008 is sedert 2011 in werking. Die nuwe wet plaas ‘n hele lys van bykomende verantwoordelikhede en risiko’s op direkteure en  beamptes. Die gevalle waar maatskappydirekteure persoonlik aanspreeklik gehou kan word is ook in die wet uitgebrei. 
 
So vind ons artikel 218(2) aan die einde van die wet onder “Diverse aangeleenthede” wat as volg lees: . . .
 
 
 
SARS het drie maatskappye aangestel om agterstallige belastings in te vorder.  Die skuldinvorderaars is CSS Credit Solutions, NDS Credit Management en Lekgotla Trifecta Capital Consortium. Daar is egter ook skyninvorderaars wat baie vinnig op die toneel verskyn het, wat belastingbetalers kontak en wat aandring op betaling na hul genomineerde bankrekeninge toe.  

SARS maak die volgende aanbevelings-
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Jou September Webwerf: Wie Is Wie In Die Panamese Onthulling?
 
Het jy enige belangstelling in die onthullings van die sogenaamde “Panama Papers”? Jy kan meer te wete kom oor die bykans 320 000 maatskappye en trusts wat ter sprake is in hierdie onthullings. Hou in gedagte dat die blote feit dat   iemand beleggings in ‘n ander jurisdiksie het, geensins dui op enige onwettigheid nie. Inteendeel, dit word algemeen aanvaar dat die oorgrote meerderheid van hierdie beleggings in Panama in geheel verklaar en wettig is.

Die konsortium van ondersoekende joernaliste wat hierdie inligting beskikbaar gestel het, is die ICIJ. Die publiek kan vrye toegang kry tot die ICIJ (“the International Consortium of Investigative Journalists”) se databasis oor hierdie Panamese strukture en beleggings –
| lees meer |
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews