From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Verhuurder en huurder: Wanneer kan jy die slotte verander of die elektrisiteit laat afsny?
Dispute tussen verhuurders en huurders kan ongelukkig tot uitgerekte en duur litigasie eskaleer. As verhuurder kan jy dalk (tot jou nadeel) besluit om reg in eie hande te neem deur die slotte te verander of deur die elektrisiteit te laat afsny. 

Ons kyk na die toepaslike regsposisie. Wat is ‘n spoliasiebevel en wat moet ‘n huurder bewys om een te kry? Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak waarin ‘n internetkafee die hof versoek het om die manier waarop die winkelsentrum die elektriseitsrekening bepaal het, te ondersoek. 

Toe die winkelsentrum hul elektrisiteit afgesny het en die deure se slotte verander het,  het die internetkafee suksesvol aansoek gedoen vir ‘n herstellende hofbevel. ‘n Praktiese voorbeeld van hoe die hof sal ingryp waar ‘n verhuurder op onregmatige wyse die selfhelp-opsie uitoefen.
 


Wessels & Smith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Oktober 2019 NUUSBRIEF
Verhuurder en huurder: Wanneer kan jy die slotte verander of die elektrisiteit laat afsny?
Dispute tussen verhuurders en huurders kan ongelukkig tot uitgerekte en duur litigasie eskaleer. As verhuurder kan jy dalk (tot jou nadeel) besluit om reg in eie hande te neem deur die slotte te verander of deur die elektrisiteit te laat afsny. 

Ons kyk na die toepaslike regsposisie. Wat is ‘n spoliasiebevel en wat moet ‘n huurder bewys om een te kry? Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak waarin ‘n internetkafee die hof versoek het om die manier waarop die winkelsentrum die elektriseitsrekening bepaal het, te ondersoek. 

Toe die winkelsentrum hul elektrisiteit afgesny het en die deure se slotte verander het,  het die internetkafee suksesvol aansoek gedoen vir ‘n herstellende hofbevel. ‘n Praktiese voorbeeld van hoe die hof sal ingryp waar ‘n verhuurder op onregmatige wyse die selfhelp-opsie uitoefen.
lees meer

How can we help you

Dementia en onbevoegdheid: Wat is ‘n volmag en kry mens ‘n ewigdurende volmag?
ArticleImage Ons het hier met ‘n toenemende probleem te make. Met ‘n bevolking wat ouer raak is dit net logies dat daar ook meer gevalle van dementia en ander ouderdomsverwante geestestoestande sal voorkom. 

Hoe kan jy as ‘n persoon wat ouer raak, jou voorberei vir ’n tyd wanneer jy hulp gaan benodig. Wat kan ‘n familielid of versorger doen om dit makliker te maak? Die ooglopende antwoord is ‘n skriftelike en volledige volmag waarin jy iemand benoem om na jou sake om te sien vir wanneer jy dit nie self kan doen nie. Dit het egter ‘n ernstige ingeboude tekortkoming. Wanneer jy self nie meer rasioneel kan dink nie, is wanneer so ‘n volmag tot sy reg sal kom. Dit is egter juis op daardie kritieke oomblik wanneer die volmag regtens tot ‘n einde kom. 

Ons kyk na die gebruik en die beperkinge van ‘n volmag. Ons ondersoek waarom dit  soms net vir ‘n tyd gebruik kan word en ons kyk ook na die gepaste alternatiewe wat tot ons beskikking is.
   
lees meer
Veiligheidslandgoed en Vesel – die kompleks kan wel Telkom se infrastruktuur gebruik.
ArticleImage Indien jy in ‘n gemeenskapskema woon, soos ‘n residensiële veiligheidslandgoed’ het jy waarskynlik toegang tot die internet en kan jy oproepe via ADSL of vesel maak. Die kabels loop gewoonlik ondergronds deur pyplyne en infrastruktuur wat aanvanklik deur die ontwikkelaar ingesit is. 

Tensy die landgoed baie onlangs ontwikkel is, is die kanse goed dat die pyplyn koperkabels van Telkom bevat. In 2017 het Telkom ‘n belangrike hofsaak teen ‘n Huiseienaarsvereniging gewen, wat vir Vodacom toegang wou gee om vesel in die bestaande pyplyn te installeer. Daardie uitspraak het beteken dat alle Huiseienaarsverenigings en regspersone en huiseienaars nuwe ondergrondse infrastruktuur met vertragings, ongerief en kostes moes oprig.  

Die Hoogste Hof van Appèl het nou beslis dat dit nie die geval is nie…
   
lees meer
Hoe Howe Feite en Fiksie van mekaar onderskei – die verhaal van Jaguars, Misleiding en Skadevergoeding
ArticleImage Soms is dit nodig om te dagvaar ten einde jou regte af te dwing. Indien jy dan as oorwinnaar kan wegstap, sal jy jou verheug in hierdie besluit. Ongelukkig is litigasie nie kinderspeletjies nie. Buiten die koste, vertragings en stres daarvan om jou pad deur die howe te baklei, sal jy die risikofaktore reeds vooraf so veel as moontlik wil beperk. So indien jou opponent se weergawe van gebeure totaal van joune verskil, sal jy gerusstelling wil verkry dat jou weergawe waarskynlik sal seëvier.

Hoe kan jy voorspel na watter kant toe die howe sal leun met teenstrydige weergawes? Ons verduidelik, na aanleiding van ‘n interessante Hooggeregshof geskil. Hier moes die hof beslis oor die vraag of ‘n (relatief goedkoop) Jaguar XF, op bedrieglike wyse deur ‘n handelaar verkoop is as ‘n (aansienlik duurder) Jaguar XFR.
   
lees meer
Jou Webwerwe van die Maand: Wenke om Jou Geld en Skuld te Bestuur
ArticleImage
Ons lewe in uitdagende tye. Hopelik beleef ons nou die eerste tekens van groei in ons ekonomie. Dit is nou ‘n goeie tyd om jou verhouding met geld en die stand van jou finansies te verbeter.

Kyk gerus na hierdie webwerf artikels vir idees oor hoe om te begin –
  • “No more fighting over bills! Here are 3 tips to master your money” op The Catalyst webwerf

  • Time se “Struggling to Repay Your Debt? The Snowball Method Could Help” hier.
   
Website
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews