|
Ons word deur soveel reëls en regulasies omring. Selfs die versigtiges onder ons kan een of ander tyd met die gereg bots. “Moet ek hof toe gaan om dit te verdedig of betaal ek die boete en beweeg ek eerder aan met my lewe?“
Wees versigtig. Dit is een ding om ‘n boete te betaal om ‘n probleem uit die pad te kry. Dit is iets heel anders as jy in die proses ‘n kriminele rekord opdoen wat vir die res van jou lewe met jou gaan wees. Kan ‘n rekord verwyder word? Wanneer is ‘n rekord jou voorland en wanneer nie? Ons kyk na die grasverkoper wat hom na die Hooggeregshof gewend het, nadat ‘n erkenning van skuld agt jaar later sy dinge deurmekaar gekrap het.
|
|
|
|
Wat gebeur waar die trustees van ‘n trust nie ooreenstem nie en oorlog teenoor mekaar verklaar? Indien ‘n vriendelike versoek aan ‘n minderheidstrustee om uit die amp te tree nie werk nie, kan die meerderheid hom of haar met mag verwyder? Indien wel, is dit nodig dat hulle goeie redes daarvoor moet hê?
Die eerste stap is natuurlik om te kyk na wat die funderende trustakte oor so ‘n situasie bepaal. ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof het bykomende reëls neergelê waarvan trustees en enigeen wat ‘n belang het in ‘n trust (in enige hoedanigheid) kennis moet neem.
In hierdie geval het ‘n moeder te staan gekom teen drie professionele persone (twee ouditeure en ‘n prokureur) en laasgenoemde se poging om die moeder met ‘n ander trustee te vevang.
|
|
|
|
Werkgewers moet altyd die omvattende regte en beskerming wat ons arbeidswetgewing aan werknemers verleen, in gedagte hou. Maar werkgewers moet besef dat hulle óók regte het, en dat ons howe tot hul redding sal kom waar ‘n werknemer se wangedrag ‘n verlies vir sy werkgewer teweeg bring.
Ons bespreek jou werknemers se verpligtinge teenoor jou in die konteks van ‘n onlangse Hooggeregshofsaak waar ‘n vertroude werknemer oor ‘n tydperk van vier jaar sy werknemer bedrieg het en homself met R33 miljoen verryk het.
Die Hof deel puntsgewys met wat bewys moet word om ‘n werknemer te verplig om geheime winste terug te gee, en om skadevergoeding te eis. Lees verder vir meer besonderhede ...
|
|