From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Huis – Oordrag Teenoor Bedoeling


 
 
 
 
 
 
 
 
 
Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Kramer Villion Norris - KVN Oktober 2014
 
 
 
Huis – Oordrag Teenoor Bedoeling
 
“Ondervinding is die beste leermeester.”

‘n Mens kan ongelukkig nie aanvaar dat jy ‘n aanspraak op ‘n eiendom het, bloot omdat die eienaar reeds aangedui het dat hy die eiendom aan jou gaan oordra nie. Selfs nie waar ‘n koopooreenkoms daarna deur beide partye geteken is nie. Jy moet seker maak dat jy daarna wel oordrag van die eiendom neem en dat die eiendom in die Aktekantoor in jou naam geregistreer word. 
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
ArticleImage  
ArticleImage
 
 
 
 
 
 
Eiendom Met Veeldoelige Gebruik : Wat Is Die Toepaslike Belastings Wat Gehef Moet Word?  
 
 
Direkteure – Omgewingswetgewing En Die Risiko Van Persoonlike Aanspreeklikheid  
 
 
Fluitjieblasers In Die Werkplek  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Plaaslike owerhede is by magte om eiendomme te waardeer en belastingheffings vas te stel na gelang van die spesifieke eiendomsgebruik. Eiendomme in residensiële gebruik word gevolglik op ‘n laer tarief belas as eiendomme wat vir kommersiële, sake of industriële gebruik aangewend word. 
 
 
 
Die regering en ons howe neem die beskerming van ons omgewing ernstig op, met die bepalings van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (“NEMA”), wat streng toegepas word. 

‘n Nuwe wysiging aan die wet maak nou daarvoor voorsiening dat direkteure van maatskappye en lede van beslote korporasies gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou kan word  “for any negative impact on the environment, whether advertently or inadvertently caused by the company or close corporation which they represent, including damage, degradation or pollution”.
 
 
 
“The fostering of a culture of disclosure is a constitutional imperative as it is at the heart of the fundamental principles aimed at the achievement of a just society based on democratic values” (Uittreksel uit die Arbeidsappèlhofuitspraak wat hierna bespreek word).

Die Wet op die Beskerming van Bekendmaking van Inligting staan ook bekend as die Fluitjieblaserswet. Die wet moedig werknemers (in die openbare- sowel as die privaatsektor) aan om enige onregmatige of onwettige optrede van hul werkgewer of ander werknemers aan te meld, sonder vrees vir enige strafoptrede van hul werkgewers se kant af. 
 
| lees meer |  
| lees meer |  
| lees meer |
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Binnelandse Sake Se Immigrasie Regulasies – Sekere Vereistes Uitgestel
 
Die Departement van Binnelandse Sake het aangekondig dat twee van hul nuwe vereistes vir reisende minderjariges tot 1 Junie 2015 uitgestel word. Die reëls vereis dat kinders wat op reis wil gaan, ‘n volledige geboortesertifikaat en ook die skriftelike toestemming van beide ouers of voogde by hulle moet hê, wat hul reisplanne goedkeur.
| lees meer |
 
 
 
 
Ontwikkelaars: Nuwe Gesondheids – En Veiligheidsregulasies Vir Die Konstruksiebedryf
 
Mense in die konstruksiebedryf moet kennis neem van die Departement van Arbeid se 2014 Regulasies vir Konstruksie wat ingevolge die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid afgekondig is. Ontwikkelaars, kliënte, eienaars, ontwerpers, argitekte, ingenieurs en ander kontrakteurs moet hulle van die bepalings van hierdie regulasies vergewis. Alle nuwe konstruksieprojekte wat na 7 Februarie 2014 ‘n aanvang geneem het, is onderhewig aan hierdie nuwe regulasies. (Projekte wat voor 7 Februarie 2014 ‘n aanvang geneem het, sal vanaf 7 Augustus 2015 ook aan die regulasies moet voldoen.)   Die regulasies vereis dat gesondheids- en veiligheidsplanne opgestel moet word, dat risikobepalings gedoen moet word, dat daar aan gesondheids- en veiligheidstandaarde voldoen moet word en ook dat gesondheids- en veiligheidsopleiding verskaf moet word. 
| lees meer |
 
 
 
 
Oktober Se Webwerf: Hoe Hanteer Ek Die Lang Toue By SARS Se Kantore?
 
Vir die meeste van ons kontak en kommunikasie met SARS kan ons gelukkig deesdae aanlyn en elektronies kommunikeer en regkom. Nou en dan is ‘n persoonlike besoek aan ‘n SARS kantoor egter onafwendbaar.   
| lees meer |
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews