Webtuiste van die Maand: “Op jou Merke, Gereed, Beurtkrag!”
Mediaberigte dui daarop dat beurtkrag nog vir ‘n wyle met ons gaan wees. Of jy tuis of by die werk is wanneer een van die gevreesde kragonderbrekings inskop, is een ding verseker – min dinge is erger as om onkant gevang te word.
Verhoed onaangename verrassings deur presies te weet wanneer dit jou buurt se beurt is. Deur bewus te wees van wanneer die krag af gaan wees, kan jy ten minste sekere voorsorgmaatreëls tref ten opsigte van jou kantoor/fabriek/huis.
Die eerste stap is om een van die toepassings (“apps”) af te laai wat deur Suid-Afrikaners ontwerp is om sin te maak uit die daaglikse afkondigings en verskillende beurtkragskedules. Lees oor die heel beste toepassings in “Be prepared for loadshedding with these apps” op IOL. Indien jy in ‘n gebied woon wat oor voldoende eie kragopwekkingskapasiteit beskik, sodat beurtkrag in jou omgewing minder dikwels en minder ernstig is (onder andere Kaapstad), maak seker dat jou gekose “app” dit ook in ag neem.
Uit die HAT:
Opdrifsel s.nw. stompe, takke, leë sakke, ens. Deur ‘n stroom meegevoer/uitgespoel. Opdrifsels langs ‘n rivier, op die strand.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.