Slagoffers van Korrupsie, Hou Moed – die groot meneer kry 15 jaar agter tralies
“… it is necessary for an unequivocal message to be sent out that corruption on the part of politicians, especially those holding high office, will not be tolerated and that punishment for those who act as Mr Block has done in this case will be severe” (aldus die Hoogste Hof van Appèl)
Ons is almal moeg daarvoor om in die media te sien dat ons omring word met gevalle van korrupsie. Selfs al is jy nie een van die magdom besighede of individue wat op direkte wyse hierdeur beïnvloed word nie, is ons almal uiteindelik slagoffers van korrupsie.
Twee onlangse uitsprake van die Hoogste Hof van Appèl (HHA) bied vir ons ‘n bietjie moed vir die toekoms.
Eerstens, die agtergrond ...
Miminum vonnisse vir korrupsie
Die groot meneer kry 15 jaar vir ‘n korrupte verhouding
Beboet tot in die graf
Die tweede saak van die Appèlhof handel met dieselfe aangeleentheid, maar ‘n ander politikus en voormalige provinsiale Departementshoof was hier betrokke. Sy het soortgelyke klagte as die ander in die gesig gestaar, maar het gedurende haar verhoor tot sterwe gekom.
Ten spyte daarvan het die staat ‘n Hooggeregshofbevel verkry vir die verbeuring van aandele in een van die eiendomsmaatskappye wat deur die oorledene verkry is (op daardie datum ter waarde van R28 miljoen), sowel as vir haar huis van R2 miljoen.
Op appèl het die Appèlhof die verbeuring van die aandele gehandhaaf, maar het die verbeuring van die eiendom van die hand gewys. Die hof steun op die beginsel dat verbeuring ontwerp is om die motivering om die misdaad te pleeg te verwyder, en nie om te straf nie. Die Hof het in plaas van die verbeuring van die eiendom beveel dat die eksekuteur van die bestorwe boedel die bedrag van R758,000 aan die staat moet oorbetaal.
Slagoffers van korrupsie – wat staan jou te doen
Dalk het jou besigheid daardie tender verloor. Of dalk het iemand jou probeer omkoop. Hoe dit ookal sy, as jy op enige manier ‘n direkte slagoffer van korrupsie is, is daar net een ding om te doen: rapporteer dit!
Ons reg en ons howe is aan jou kant.
Twee onlangse uitsprake van die Hoogste Hof van Appèl (HHA) bied vir ons ‘n bietjie moed vir die toekoms.
Eerstens, die agtergrond ...
Miminum vonnisse vir korrupsie
- In terme van die Wet op die Voorkoming en Bevegting van Korrupte Aktiwiteite is die minimum vonnis vir korrupsie, indien meer as R500,000 ter sprake is, vyftien jaar tronkstraf. Dit is selfs op eerste oortreders van toepassing, tensy daar aansienlike en dwingende redes is om ‘n mindere vonnis te regverdig.
- Die R500,000 drempel word na R100,000 verminder waar ‘n “gemeenskaplike sameswering” ter sprake is en tot R10,000 waar ‘n wetstoepassingsbeampte betrokke is.
- Beslagleggingsbevele is ook algemeen en word gebruik om misdadigers van die voordele van hul korrupsie te ontneem. Ons sien ‘n voorbeeld hiervan in die saak hieronder, waar ‘n beslagleggingsbevel van R60 miljoen (en ongeveer R1 miljoen se boetes) bykomend tot die vonisse van tronkstraf opgelê is.
Die groot meneer kry 15 jaar vir ‘n korrupte verhouding
- Die eerste saak van die Appèlhof het betrekking gehad op ‘n voormalige prominente politikus en provinsiale Lid van die Uitvoerende Komitee van Finansies (bekend aan ten minste een van sy onderdane as “Big Chief”) aan die een kant, en ‘n besigheidsman met belange in ‘n eiendomsgroep aan die ander.
- Beide is aan korrupsie skulding bevind. Die korrupsie is in die vorm van “belonings” wat aan die politikus betaal is vir die gebruik van sy “aansienlike politieke invloed” om die eiendomsgroep te help om persele aan regeringsdepartemente te verhuur. Dit is gedoen op goedgunstige terme en teen verhoogde huurgelde, sonder om deur ‘n behoorlike tenderprosedure te gaan.
- Die hof het beslis dat dit irrelevant is dat die belonings eers na die tyd betaal is. “Die belonings is betaal en ontvang as deel van ‘n deurlopende korrupte verhouding, en die verstandhouding tussen die partye was dat die een hand die ander sou was, ten opsigte van ander gunste reeds bewys of wat nog in die toekoms bewys sou word.”
- Die bewering dat die betalings gemaak is vir “konsultasiedienste” en “besigheidsbystand” het ook nie enige indruk op die hof gemaak nie.
- Die Grondwetlike Hof het die verdere appèl van die hand gewys. Groot Meneer moet nou begin om sy 15 jaar tronkstraf uit te dien.
Beboet tot in die graf
Die tweede saak van die Appèlhof handel met dieselfe aangeleentheid, maar ‘n ander politikus en voormalige provinsiale Departementshoof was hier betrokke. Sy het soortgelyke klagte as die ander in die gesig gestaar, maar het gedurende haar verhoor tot sterwe gekom.
Ten spyte daarvan het die staat ‘n Hooggeregshofbevel verkry vir die verbeuring van aandele in een van die eiendomsmaatskappye wat deur die oorledene verkry is (op daardie datum ter waarde van R28 miljoen), sowel as vir haar huis van R2 miljoen.
Op appèl het die Appèlhof die verbeuring van die aandele gehandhaaf, maar het die verbeuring van die eiendom van die hand gewys. Die hof steun op die beginsel dat verbeuring ontwerp is om die motivering om die misdaad te pleeg te verwyder, en nie om te straf nie. Die Hof het in plaas van die verbeuring van die eiendom beveel dat die eksekuteur van die bestorwe boedel die bedrag van R758,000 aan die staat moet oorbetaal.
Slagoffers van korrupsie – wat staan jou te doen
Dalk het jou besigheid daardie tender verloor. Of dalk het iemand jou probeer omkoop. Hoe dit ookal sy, as jy op enige manier ‘n direkte slagoffer van korrupsie is, is daar net een ding om te doen: rapporteer dit!
Ons reg en ons howe is aan jou kant.
Provided by Neilsons Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.