Vaderskapverlof en Minimumlone – Hoe Gaan die Nuwe Wette Jou Beïnvloed?
Werkgewers en werknemers moet hulself vertroud maak met vier nuwe Wette wat ‘n aantal belangrike veranderinge ten opsigte van ons arbeidswetgewing teweeg bring.
Die onderstaande is slegs ‘n kort opsomming van die veranderinge wat waarskynlik die grootste aantal persone en besighede gaan beïnvloed. Ons beveel aan dat jy advies na gelang van jou spesifieke omstandighede inwin.
In ‘n neutedop -
Uitbreiding van ouerskapsverlof (“ouerlike verlof” volgens die wet)
Tot dusver was werkende moeders, met die geboorte van ‘n baba, geregtig op onbetaalde verlof in die vorm van vier opeenvolgende maande “kraamverlof”. Indien hulle bygedra het tot die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), kon hulle ook by die fonds aansoek doen om kraamvoordele.
Hierdie verlof sal nou uitgebrei word tot -
Werkgewers met ‘n beleid ten opsigte van kraamverlof, en ook dié wat betaalde verlof verleen (in teenstelling met onbetaalde verlof), word aangeraai om in die lig van die nuutste wysigings hul beleide te hersien.
Die bekendstelling van minimumlone
Die nuwe nasionale minumloon is as volg -
Werkgewers wat nie die minimumloon kan betaal nie, kan aansoek doen om vrystelling vir ‘n periode tot en met ‘n jaar, maar die regulasies maak slegs voorsiening vir vrystelling van 10 persent.
Versuim om die minimumloon te betaal stel werkgewers bloot aan boetes van óf TWEE MAAL die waarde van die bedrag wat te min betaal is, óf TWEE MAAL die werknemer se maandelikse loon – watter een ookal die hoogste is. (Hierdie boetes kan opgaan tot DRIE MAAL vir tweede en verdere oortredings.)
Stakings, uitsluitings, betogings en linievorming (“betooglinievorming”, in Engels “picketing”)
‘n “Adviserende arbitrasiepaneel” sal aangestel word om te help om geskille te besleg waar ‘n staking of uitsluiting reeds vir ‘n uitgerekte tydperk aangegaan het, waar ‘n staking met geweld gepaardgaan, of waar ‘n staking ‘n akute nasionale of plaaslike krisis veroorsaak of vererger.
Nuwe regulasies oor betogings en linievorming (“betooglinievorming”) word ook oorweeg.

- “Ouerskapsverlof” of “ouerlike verlof”: “Ouers” (insluitende vaders en selfdegeslag lewensmaats/gades) – kry nou tien opeenvolgende dae se ouerlike verlof.
- “Aannemingsverlof”: Aannemende ouers van ‘n kind onder die ouderdom van twee jaar – aannemingsverlof van tien opeenvolgende weke, of ouerskapsverlof van tien opeenvolgende dae (waar daar twee aannemende ouers is, berus die besluit by die ouers self oor watter een van hulle die tien weke aannemingsverlof gaan neem en watter een van hulle die tien dae ouerlike verlof gaan neem).
- “Opdraggewende ouerlike verlof”: Opdraggewende ouers in ‘n surrogaat-moederskapsooreenkoms – hier is dieselfde bepalings as vir aannemende ouers van toepassing. Dit hou in dat die opdraggewende ouers tussen hulle geregtig is op verlof. Daar is opdraggewende ouerlike verlof van minstens tien opeenvolgende weke, of ouerlike verlof van tien opeenvolgende dae (waar daar twee opdraggewende ouers is, berus die besluit by die ouers self oor watter een van hulle die tien weke ouerlike verlof gaan neem en watter een van hulle die tien dae ouerlike verlof gaan neem).
Werkgewers met ‘n beleid ten opsigte van kraamverlof, en ook dié wat betaalde verlof verleen (in teenstelling met onbetaalde verlof), word aangeraai om in die lig van die nuutste wysigings hul beleide te hersien.
Die bekendstelling van minimumlone
Die nuwe nasionale minumloon is as volg -
- Plaaswerkers – R18 per uur
- Huiswerkers – R15 per uur
- Werkers in diens op “uitgebreide openbare werksprogramme” – R11 per uur
- Ander werknemers – R20 per uur
Werkgewers wat nie die minimumloon kan betaal nie, kan aansoek doen om vrystelling vir ‘n periode tot en met ‘n jaar, maar die regulasies maak slegs voorsiening vir vrystelling van 10 persent.
Versuim om die minimumloon te betaal stel werkgewers bloot aan boetes van óf TWEE MAAL die waarde van die bedrag wat te min betaal is, óf TWEE MAAL die werknemer se maandelikse loon – watter een ookal die hoogste is. (Hierdie boetes kan opgaan tot DRIE MAAL vir tweede en verdere oortredings.)
Stakings, uitsluitings, betogings en linievorming (“betooglinievorming”, in Engels “picketing”)
‘n “Adviserende arbitrasiepaneel” sal aangestel word om te help om geskille te besleg waar ‘n staking of uitsluiting reeds vir ‘n uitgerekte tydperk aangegaan het, waar ‘n staking met geweld gepaardgaan, of waar ‘n staking ‘n akute nasionale of plaaslike krisis veroorsaak of vererger.
Nuwe regulasies oor betogings en linievorming (“betooglinievorming”) word ook oorweeg.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.