Jou Webwerf van die Maand: Word ‘n Kliëntefluisteraar
“It takes seven times more money, effort and time to get a new client than it does to keep an existing one”
Ons almal het al gehoor van “hondefluisteraars”, “kattefluisteraars”, “perdefluisteraars”, en selfs “olifantefluisteraars” – maar “kliëntefluisteraar”? Bestaan daar so iets?
Die antwoord is ja. Kliënte is die lewensbloed van jou besigheid. Daarom is die behou van kliënte fundamenteel tot die winsgwendheid en sukses van jou besigheid. Vir raad oor hoe om dit te doen – tot voordeel van jul beide – lees “The Client Whisperer” op CleanFax se webwerf.
Die artikel verwys spesifiek na die matteskoonmaak-bedryf. Die beginsels wat daarin genoem word en die raad wat daarin gegee word, is egter universeel. Dit is op alle besighede van toepassing.
So beskerm jou kliëntebasis – word ‘n kliëntefluisteraar!
Uit die HAT: Vleuelskroef (s.nw) (tegnies) skroef met uitstaande blaaie sodat dit met die hand vas- of losgedraai kan word.
Uit die HAT: Vleuelskroef (s.nw) (tegnies) skroef met uitstaande blaaie sodat dit met die hand vas- of losgedraai kan word.
Provided by Simpson Inc
© DotNews. All Rights Reserved.