Die Aanmelding van ‘n Misdaad en die Gevaar van Laster: Lesse vanuit die Werksomgewing.
‘n Uitspraak van die Hooggeregshof bied antwoorde hierop.
‘n Bedrieglike iPad bestelling, ‘n arrestasie en ‘n eis van R1.6 miljoen
- ‘n Staatsamptenaar is in hegtenis geneem en deur die polisie ondervra nadat sy werkskollegas hom aangegee het. Hulle het vermoed dat hy op ‘n bedrieglike wyse 14 iPads, ter waarde van R138,000, op die departementele briefhoof bestel het.
- Die werknemer het ‘n verklaring by die polisie afgelê en die polisie het hom hierna vrygelaat. Die werkgewer het ook nie enige verdere dissiplinêre stappe geneem nie. Trouens die werkgewer het die beskuldiging van onregmatige gedrag in die werksplek teruggetrek. Hulle dui wel aan dat hulle die saak in tyd weer mag ondersoek indien verdere inligting na vore kom.
- Die werknemer beskuldig sy werkgewers van laster en dagvaar hulle vir skadevergoeding van R1,6 miljoen. Dit is vir die skending van sy waardigheid en reputasie by die werk, trauma, post-traumatiese stres, mediese uitgawes en verlies aan inkomste.
Die werknemer se eis vir skadevergoeding het misluk. Hy is wel met ‘n stewige rekening vir die regskostes gelaat.
Wat is die toets om te slaag – drie dinge wat ‘n aanklaer moet bewys.
‘n Klaer wat wil steun op die redelikheid van so ‘n aanmelding moet, aldus die Hof, kan bewys dat hy of sy -
- Rede gehad het om te glo dat die bewering waar is,
- Redelike stappe geneem het om die korrektheid daarvan te bevestig,
- Redelik opgetree het met die aanmeldig van die saak by die polisie, of dat die verkondiging van die bewering onder die omstandighede van die saak redelik was.
Jy sal wel genoeg bewyse moet hê om al drie bene van die redelikheidstoets te kan staaf, indien dit nodig word om jou optrede in die hof te moet verdedig.
Provided by A SampleCompany 2
© DotNews. All Rights Reserved.