Padwoede – Dagvaar en meld dit aan!
“Have you ever noticed that anybody driving slower than you is an idiot, and anyone going faster than you is a maniac?” (Komediant George Carlin)
Ons lewe in ‘n tyd waarin stres hoogty vier. Soos wat die verkeersdruk op ons paaie toeneem en soos wat stres opbou, kan ons meer gevalle van padwoede teëkom. YouTube het ‘n groeiende versameling van videobeelde waarin bestuurders reg in eie hande neem. Woedende bestuurders wat fisies handgemeen raak, voertuie van die pad druk, met opset in ander voertuie vasjaag, vloek en skel, vensters breek, rassistiese en seksistiese beledigings rondslinger – boeiende kykstof totdat jy self ‘n slagoffer van padwoede word.
Eerstens het jy waarskynlik ‘n eis vir skadevergoedeing – praat met jou regsverteenwoordiger hieroor. Jy het dalk werklike fisiese skade aan jou voertuig en aan jou liggaam. Jy kan ook eis vir gevoelskade in die vorm van naamskending en belediging.
Jy kan die oortreder ook by die polisie strafregtelik verkla. Dit kan die oortreder twee keer laat dink voordat hy hierdie optrede herhaal.
Die insident in die parkeerarea…
- Die insident het begin met ‘n bestuurder wat in die teenoorgestelde rigting gery het as wat die rigtingwysers in die parkeerarea aangedui het.
- Die oortreder het dit opgemerk, uit sy geparkeerde voertuig geklim, die ander bestuurder hard en luid daarvan beskuldig dat hy amper ‘n ongeluk veroorsaak het, die bestuurder aan die keel gegryp het en hom ook gevloek.
- Tydens die hofsaak het die oortreder hierdie bewerings ontken. Volgens hom het hy die bestuurder slegs gevra of hy oor ‘n bestuurderslisensie beskik het. Die hof het hierdie kalmer weergawe van die gebeure egter verwerp en het die oordreder skuldig bevind aan twee klagtes –
- Gewone aanranding, met ‘n straf van ‘n boete van R1,500 of drie maande se gevangenisstraf (die helfte hiervan is vir vyf jaar opgeskort) en
- Crimen injuria (strafregtelike inbreuk op ‘n ander persoon se eer en waardigheid), met ‘n straf van ‘n boete van R3,000 of drie maande se gevangenisstraf.
- Gewone aanranding, met ‘n straf van ‘n boete van R1,500 of drie maande se gevangenisstraf (die helfte hiervan is vir vyf jaar opgeskort) en
- Die oortreder het hierdie bevinding op appèl geneem. Die Hooggeregshof bevind dan dat sy weergawe so onwaarskynlik is, dat dit onwaar moet wees. Die staat het sy saak bo redelike twyfel bewys.
…’n kriminele rekord het gevolge
Ons kan aanvaar dat die boetes wat die oortreder moes betaal die minste van sy probleme is. Hy het nou ‘n kriminele rekord, sy vingerafdrukke is geneem en hy is op die polisie se register van oortreders gevoeg. Elke keer wat hy in die toekoms aansoek doen vir krediet, of navraag doen oor werksgeleenthede of sakegeleenthede, of aansoek doen vir ‘n reisvisum of iets soortgelyks, mag hy gevra word na sy kriminele rekord. Dit is duidelik die grootste nagevolg van hierdie insident.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.