Agterstallige Onderhoud
Dit is al ‘n goeie begin om ‘n volledige onderhoudsbevel vir jouself en vir jou kinders te verkry. Wat as jy te make het met iemand wat glad nie van plan is om die onderhoud te betaal nie?
Nuwe bepalings in die Onderhoudswet bied twee nuwe hulpmiddels om ‘n bestaande Onderhoudsbevel af te dwing–
- Opsporing van die ontduikers: Mense wat onderhoud ontduik sal dikwels goed daarin slaag om onsigbaar te bly. Die Onderhoudshof is nou by magte om enige netwerkdiensverskaffer te beveel om alle kontakinligting van die betrokke persoon wat hulle op stelsel het, aan die hof beskikbaar te stel.
- Kredietburo’s se swartlys: Onderhoudsbetalings wat agterstallig is kan ook ‘n wesenlike invloed op toekomstige kredietwaardigheid hê. Die Onderhoudshof gaan voortaan die besonderhede van diegene wat nie onderhoud betaal nie, by die kredietburo’s aanmeld.
Hierdie is bykomend tot die bestaande regsmiddele wat beskikbaar is, soos strafregtelike vervolging (drie jaar se gevangenisstraf is moontlik), arrestasie en aanhouding vir minagting van die hof, beslaglegging op bates en ook beslaglegging op salaris.
Provided by Van Zyl Kruger
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
The information provided herein should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your professional adviser for specific and detailed advice.