Inbreukmaking Op Jou Kopiereg – Die Toekenning Van R10,5m
Die agtergrond is as volg: Twee munisipaliteite se aanvanklike lisensie ooreenkoms vir die gebruik van ‘n rekenaarprogram het tot ‘n einde gekom. Beide munisipaliteite het, sonder die toestemming van die kopiereghouers, kopieë van die rekenaarprogram gemaak. Hulle het ook die sekuriteitsleutels en vervaldatums verander om sodoende voort te gaan om die rekenaarprogram te gebruik, sonder dat hulle enige fooie betaal het.
Die hof het ‘n interdik teen die munisipaliteite toegestaan om hulle te verbied om die rekenaarprogram verder te gebruik. Die kopiereghouers was ook gemagtig om die munisipaliteite se rekenaarstelsels na te gaan om te bevestig dat die interdik wel nagekom is. Die hof het ook ‘n verdere R10,5 miljoen toegeken aan die kopiereghouers as redelike tantième, tesame met verdere maandelikse betalings van tantième vanaf die datum van uitreiking van dagvaarding, tesame met rente en regskostes.
Oortreders van kopiereg wat gedink het dat die ergste straf wat hulle in die gesig staar as hulle gevang word, ‘n moontlike interdik, regskostes en ‘n nominale skadervergoedingsbedrag kan wees, moet nou weet dat ‘n bevel van miljoene rande se skadevergoeding wel teen hulle gegee kan word.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.