‘n Goeie Skikking Is Dikwels Beter As ‘n Uiteindelike Oorwinning: Kyk Na Die Nuwe Mediasiereëls
'n Opwindende nuwe verwikkeling in ons regstelsel is vanaf 1 Desember tot ons beskikking. Die Hofgedrewe mediasie sal vir ‘n toetsperiode in Gauteng en in Noordwes provinsie gebruik word. Dit het ten doel om dispute tussen partye op te los, sonder die hoë kostes, vertraging en vyandigheid wat dikwels met tradisionele litigasie gepaard gaan.
In gebiede waar hofgedrewe mediasie nog nie verpligtend is nie, behoort jy steeds hierdie prosedure te oorweeg, met die oog op ‘n skikking van die dispuut. Mediasie word toenemend deur regsverteenwoordigers en hul kliënte gebruik; hopelik sal hierdie tendens ‘n verdere hupstoot kry met die formalisering hiervan as deel van die voorgeskrewe hofprosedure.
Ons streef na ‘n wen-wen situasie
By litigasie het mens al te dikwels ‘n duidelike wenner en verloorder. Aangesien die proses van mediasie ‘n vrywillige een is, met die klem op kommunikasie en herstellende geregtigheid, bied dit ‘n meer realistiese kans op ‘n wen-wen uitkoms. Onthou dat die partye hier self in beheer van die proses bly, met die hulp en bystand van die aangestelde mediator.
Hoe werk die hofgedrewe mediasie?
Ja. Beide partye moet persoonlik die mediasie bywoon en daaraan deelneem. Jy is wel geregtig om, op jou eie koste, deur jou regsverteenwoordiger bygestaan te word. Moet dus nie afstand doen van jou reg op regsverteenwoordiging nie, tensy jy 100% gemaklik is met jou vermoë om jou saak self te stel nie. Selfs dan is twee koppe gewoonlik beter as een.
Is hofgedrewe mediasie oor die hele Suid-Afrika beskikbaar?
Op hierdie stadium is daar slegs sekere distrikte en sub-distrikte in Gauteng en in Noordwes provinsie uitgekies en afgekondig om vanaf 1 Desember as loodsprojekte te dien. Die res van die land sal hopelik kort daarna volg.
Let daarop dat ongeag van waar jy jouself bevind, daar wel volledig voorsiening is vir partye om hul dispute op ‘n private basis na mediasie te verwys.

- ‘n Onafhanklike mediator word aangestel om vir jou en jou teenstaander met die proses te help. Die partye moet die geskilpunte identifiseer en prioritiseer. Met die hulp van die mediator bepaal die partye ook watter aspekte gemeensaak is, watter toegewings gemaak kan word en ook watter moontlikhede vir skikking bestaan.
- Mediasie is ‘n vrywillige proses. In teenstelling met ‘n regter of ‘n landdros, gaan ‘n mediator nie ‘n beslissing oor feitegeskille of regsdispute maak nie. ‘n Mediator maak ook geen uitdruklike bevinding oor die geloofwaardigheid van getuies nie. Dit word eerder van ‘n mediator verwag om die partye nader of tot by ‘n skikking te bring.
- As ‘n party tot die dispuut kan jy op enige stadium die besluit neem om oor te gaan tot mediasie –
- Nog voordat daar formeel gelitigeer word, of
- Selfs daarna, maar dan slegs met die magtiging van die Hof.
- Nog voordat daar formeel gelitigeer word, of
- Die partye kan ooreenkom dat slegs beperkte aspekte van die dispuut na mediasie verwys word, of die gehele dispuut.
- Voordat ‘n verhoor ‘n aanvang neem, kan jy by die toepaslike hofbeampte (Klerk van die Landdroshof of Griffier van die Hoë Hof) aansoek doen vir ‘n verwysing na mediasie. ‘n Voorverhoorkonferensie sal dan belê word om vas te stel of die ander partye tot mediasie sal instem.
- Wanneer die verhoor reeds ‘n aanvang geneem het, kan jy steeds so ‘n aansoek direk aan die hof rig. Die kanse is toenemend groot dat die hof uit eie beweging by die partye sal navraag doen of hul mediasie as ‘n alternatief oorweeg het.
- Die partye sal dan ‘n skriftelike mediasie-ooreenkoms tussen hulle opstel en ‘n onpartydige mediator sal by ooreenkoms tussen die partye of met die hulp van die hofbeampte, aangestel word.
- Die partye sal dan hul skriftelike opsommings van eise en verwere opstel, tensy formele hofstukke reeds opgestel en geliasseer is, wat ook by ooreenkoms in die mediasie gebruik kan word.
- Indien die partye dan met die hulp van die mediator ‘n skikking bereik, sal ‘n finale skikkingsooreenkoms opgestel en onderteken word. Sodanige ooreenkoms sal gewoonlik ook voorsiening maak dat dit ‘n bevel van die hof gemaak word.
- As ‘n algemene reël behoort beide partye die mediator se fooie in gelyke mate betaal. Die fooie word volgens tarief bepaal.
- Aangesien partye tydens mediasie aangemoedig word om hul posisies openlik te verklaar en om alle skikkingsmoontlikhede te oorweeg, word alle mededelings en openbaringe van die partye as vertroulik hanteer. As ‘n reël, kan hierdie inligting nie sonder meer in toekomstige hofverrigtinge gebruik word nie.
Ja. Beide partye moet persoonlik die mediasie bywoon en daaraan deelneem. Jy is wel geregtig om, op jou eie koste, deur jou regsverteenwoordiger bygestaan te word. Moet dus nie afstand doen van jou reg op regsverteenwoordiging nie, tensy jy 100% gemaklik is met jou vermoë om jou saak self te stel nie. Selfs dan is twee koppe gewoonlik beter as een.
Is hofgedrewe mediasie oor die hele Suid-Afrika beskikbaar?
Op hierdie stadium is daar slegs sekere distrikte en sub-distrikte in Gauteng en in Noordwes provinsie uitgekies en afgekondig om vanaf 1 Desember as loodsprojekte te dien. Die res van die land sal hopelik kort daarna volg.
Let daarop dat ongeag van waar jy jouself bevind, daar wel volledig voorsiening is vir partye om hul dispute op ‘n private basis na mediasie te verwys.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.