Verkoop Jy Eiendom? Nuutste Verpligting Om Te Openbaar
(Woorde wat aan Hoofman Seathl van Noord-Amerika in 1854 toegedig word.)
Ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit, Wet 10 van 2004, is die eienaars en persone in beheer van grond verantwoordelik vir die beheer en in sommige gevalle die uitwissing van indringerspesies. Dit is nou plante, diere, voëls en visse wat as indringers geïdentifiseer is en wat skadelik is vir ons omgewing, ons biodiversiteit, ons natuurlike spesies en wat ook ekonomiese ontwikkeling benadeel.
Skriftelike kennisgewing aan kopers
Nuwe regulasies vereis van jou as die eienaar en verkoper van grond om ‘n belangstellende koper skriftelik in kennis te stel van die teenwoordigheid van enige gelyste indringerspesies op die eiendom.
Hierdie kennisgewing aan die koper moet geskied voordat ‘n kooptransaksie gesluit word. Enige versuim om hieraan te voldoen stel jou bloot aan strafregtelike vervolging en waarskynlike aanspreeklikheid teenoor die koper. Dit gaan ook nie so maklik wees om aan hierdie regulasies te voldoen nie. Daar is lang lyste van spesies. Die lyste bestaan uit vrygestelde spesies, verbode spesies, asook verskillende kategorieë van spesies, met sommige wat uitgewis moet word, sommige wat beheer moet word en sommige waarvoor ‘n permit uitgereik moet word. Om sake verder te kompliseer, word dieselfde spesies op verskillende maniere in verskillende provinsies hanteer. So kan die regulasies byvoorbeeld bepaal dat dieselfde indringerspesie in Kwazulu-Natal beheer moet word, terwyl dit in die Oos-Kaap uitgewis moet word. Op die organisasie “Invasive Species South Africa” se webwerfhttp://www.invasives.org.za/ sal jy nuttige lyste en ander bronne hieroor kan raadpleeg. Indien jy enige twyfel hieroor het, roep die hulp van ‘n plantkundige in. Maak ook seker dat die kontrak reg bewoord is om jou as verkoper te beskerm.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.