Webwerf van die maand: Wetenskap en jou daaglikse roetine
“Ons gesondheid is ons grootste rykdom” (Virgilius, Romeinse digter)
Ons lewens is reeds en word toenemend meer gejaagd. Dit maak net sin om in die sakewêreld seker te maak dat ons effektiewe maniere vind om ons gesondheid te bevoordeel.
‘n Goeie en gesonde daaglikse roetine is ooglopend aan te beveel. Die aantrekking van ‘n goeie roetine is juis dit – jy hoef nie besluite daaroor te neem nie, jy hoef nie daaroor te stres nie; jy moet dit net volg en uitvoer. Die uitdaging is om tussen die uiteenlopende en weersprekende weergawes ‘n roetine vas te stel wat wel goed is vir ons.
Die volgende artikel sal beslis van hulp wees - “What your daily routine should look like, according to science” op Business Insider waarin wetenskaplik gefundeerde ondersoeke gedoen word op vrae soos –
- Wanneer en hoe gereeld moet ons oefen?
- Hoe gereeld behoort ons te stort?
- Wanneer is die beste tyd om daardie eerste koppie koffie te drink?
- Wat behels ‘n gesonde ontbyt?
- …en so gaan dit aan, totdat dit afsluit met wenke om ‘n goeie en gesonde nagrus te verseker.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.