Het jy jou PAIA handleiding ingedien? Die finale voldoeningsdatum is om die draai.
Wie moet hieraan voldoen?
Elke besigheid moet hieraan voldoen. Dit maak nie saak hoe klein die besigheid is nie. Die definisie sluit in enige persoon of vennootskap en enige regspersoon, wat enige tipe handel, besigheid of professie bedryf.
Heelwat kleiner besighede het baat gevind by die verlenging van die sperdatum ter elfder uur vanaf 31 Augustus 2005 na 31 Desember 2011. Hierna is die voldoeningsdatum weer aangeskuif na 31 Desember 2015. Indien jy een van hierdie ondernemings is (sien hieronder), dan geld die volgende vir jou -
- Dit is natuurlik moontlik dat daar weer ‘n verdere uitstel verleen gaan word of selfs ‘n volstrekte vrystelling van sekere besighede gaan wees, maar dit kan mens nie voorspel nie.
- As jou besigheid klein en ‘n eenvoudige struktuur het, is dit regtig nie moeilik om jou PAIA handleiding gereed te kry nie. Doen dit nou en vermy die stres om op die laaste minuut daaraan te probeer voldoen.
- Dit is belangrik dat jy jou handleiding volledig, korrek en akkuraat moet opstel. Indien daar enige twyfel is, vra jou prokureur om hulp.
Die verlenging van die sperdatum na 31 Desember 2015 is van toepassing op die meeste kleiner besighede. Dit is spesifiek van toepassing op enige “private liggaam”, insluitend enige private maatskappy. Openbare maatskappye is egter uitgesluit, asook private maatskappye wat in die volgende sektore gelys is -
- 50 of meer werknemers, of
- ‘n Jaarlikse omset van of bo spesifieke drempels – sien die tabel hieronder vir meer besonderhede
(Indien die tabel nie korrek vertoon nie, gaan gerus na die weergawe aanlyn deur op die skakel bo die komplimentêre strokie te klik)
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.