Koop en verkoop van eiendom. Die verband wat ons bind
“Die prys van vrede is vooruitbetaalbaar, die van twis agterna.” C J Langenhoven
Hier hanteer ons weer ‘n geval van ‘n bestrede verkoopstransaksie wat in die Hoë Hof gaan draai het. Die dispuut was oor die regte interpretasie van die verbandklousule. Dit onderstreep weereens hoe belangrik dit is om die bedoeling van die partye duidelik in die woorde van die ooreenkoms uiteen te sit.
Die verkoper kry koue voete
Die feite was as volg:–
Die Hof het die verkoper beveel om met die transaksie voort te gaan, met ‘n kostebevel teen vermelde verkoper om sout in die wonde te vryf.
Indien die verkoper meer van die bank wou hê as hul standaardgoedkeuring en konsepwaarborge, moes die partye dit uitdruklik so in die verbandklousule aangebring het. Dan moes die partye dit duidelik en ondubbelsinnig as ‘n voorwaarde gestel het, dat ‘n getekende verbandgoedkeuring verkry en aan die verkoper of aan die aangestelde oordragprokureurs gelewer moes word.
Dit bring ons weer by die bekende refrein. Moet niks teken voordat jy volledige regsadvies oor die voorgestelde ooreenkoms verkry het nie!
Die verkoper kry koue voete
Die feite was as volg:–
- ‘n Verkoper het ‘n eiendom aan die Koper vir R1,62 Miljoen verkoop, met die volle bedrag wat op datum van registrasie van oordrag, ten volle betaalbaar sou wees.
- Die koopooreenkoms was wel onderhewig aan ‘n verbandklousule. Hiervolgens moes die koper binne sewe dae na sluiting van die koopooreenkoms, in staat wees om ‘n lening te verkry vir die volle koopbedrag van R1,62 Miljoen, met die gebruiklike verband wat as sekuriteit vir die lening geregistreer sou word.
- Na goedkeuring van die lening moes die betaling van die koopprys binne ‘n verdere sewe dae by wyse van ‘n bankwaarborg of soortgelyke waarborg aan die oordragprokureurs verseker word.
- Die lening was binne 5 dae goedgekeur. Die bank het twee konsepwaarborge aan die oordragprokureurs vir R1,62 Miljoen uitgereik en het dit aan die oordragprokureurs vir goedkeuring aangestuur. Die oordragprokureurs het die konsepwaarborge teruggestuur en het sekere wysigings aangevra.
- Op hierdie stadium het die verkoper koue voete gekry en het probeer om uit die ooreenkoms te tree.
- Die koper het die hof genader vir ‘n bevel om die ooreenkoms as bindend te verklaar en om te beveel dat die oordrag van die eiendom moet voortgaan.
- Een van die verkoper se besware was dat die koper nie ‘n getekende verbandgoedkeuring of getekende bevestiging van die bank aangebied het nie.
- Die hof wys hierdie argument van die hand. Die spesifieke klousule het slegs van die koper vereis dat hy daarin moes slaag om ‘n lening van R1,62 Miljoen te verkry. Hieraan het die koper voldoen en hy hoef kontraktueel geen bykomende vereistes na te gekom het nie.
Die Hof het die verkoper beveel om met die transaksie voort te gaan, met ‘n kostebevel teen vermelde verkoper om sout in die wonde te vryf.
Indien die verkoper meer van die bank wou hê as hul standaardgoedkeuring en konsepwaarborge, moes die partye dit uitdruklik so in die verbandklousule aangebring het. Dan moes die partye dit duidelik en ondubbelsinnig as ‘n voorwaarde gestel het, dat ‘n getekende verbandgoedkeuring verkry en aan die verkoper of aan die aangestelde oordragprokureurs gelewer moes word.
Dit bring ons weer by die bekende refrein. Moet niks teken voordat jy volledige regsadvies oor die voorgestelde ooreenkoms verkry het nie!
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.