April se Webwerf: Robot regte en wetgewing
Dit mag dalk vir ons nog vreemd en soos wetenskapsfiksie klink. Die Europese Parlement neem egter reeds die voortou oor hoe ons samelewing, ons wetgewing en ons versekeringsbedryf moet aanpas by die toename in kunsmatige intelligensie.
Hoe lank sal dit wees voordat ons die regte en pligte van sogenaamde “elektroniese persone” erken?
Vir ‘n insiggewende artikel hieroor kyk gerus na Kyle Bowyer se “Robot rights: at what point should an intelligent machine be considered a ‘person’?” op die webblad The Conversation. Dit handel oor hoe kunsmatige intelligensie toenemend in ons daaglikse lewens gebruik word en hoe ons al te gou met ‘n paar baie vreemde nuwe konsepte te staan gaan kom.
Ons reg erken reeds natuurlike persone (jy en ek) en regspersone (maatskappye, beslote korporasies, assosiasies, beheerliggame, trusts ensovoorts). Die erkenning van elektroniese persone vanaf regsweë kan dalk net om die draai wees.
Berei jou voor vir die toekoms!
Uit die HAT:
Strooisage s.nw. gewilde vervolgverhaal oor die wel en wee van ‘n groep vriende/familielede/sakevennote/ensovoorts. (Deftig / skertsend) sepie.
Uit die HAT:
Strooisage s.nw. gewilde vervolgverhaal oor die wel en wee van ‘n groep vriende/familielede/sakevennote/ensovoorts. (Deftig / skertsend) sepie.
Provided by Hugh Raichlin Attorneys Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.