Godsdienstige diskriminasie in die Werkplek
Werkgewers word weereens gewaarsku om voorkomend op te tree om enige vorm van onbillike diskriminasie te vermy. ‘n Werknemer het erge diskriminasie as gevolg van haar godsdiens ervaar. Die Arbeidshof het vergoeding aan haar toegeken.
Diskriminasie en outomatiese onbillikheid
Die Wet op Arbeidsverhouding maak ontslag outomaties onbillik, indien die onderliggende rede vir die ontslag diskriminasie is. Diskriminasie kan direk of indirek wees, en dit kan op enige arbitrêre gronde wees, insluitende maar nie beperk nie tot ras, geslagtelikheid, geslag, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele oriëntering, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, politieke mening, kultuur, taal, huwelikstatus of gesinsverantwoordelikheid.
So ‘n ontslag kan egter wel billik wees indien die rede vir die ontslag gebaseer is op ‘n inherente vereiste van die bepaalde werk.
Gedwing om op die Sabbat te werk
-
‘n Bestuurder van ‘n maatskappy het geweier om deel te neem aan voorraadopnames wat op Saterdae gedoen moes word. Sy was ‘n Sewende Dag Adventis en dit was teen haar geloof om op haar Sabbatdag (Vrydag sononder tot Saterdag sononder) te werk.
-
Sy het egter deelgeneem aan voorraadopnames wat op ander dae geskeduleer is en sy het oortyd gewerk op tye wat nie op haar Sabbatdag geval het nie. Haar werkgewer was oor die algemeen tevrede met haar werk.
-
‘n Senior bestuurder het hom in die openbaar neerhalend teenoor haar godsdienstige affiliasie uitgespreek.
-
Haar dienskontrak het haar verplig om oortyd te werk soos en wanneer nodig. Dit het egter nie gespesifiseer dat voorraadopnames op Saterdae geskeduleer gaan word nie of dat sy op Saterdae oortyd moes werk nie.
- Die Arbeidshof het die vergoeding van R60,000 wat voorheen op grond van onbillike diskriminasie aan haar toegeken is, bekragtig. Die werkgewer het aangevoer dat die ontslag gevolg het op ‘n bevinding van onbevoegdheid, eerder as godsdienstige diskriminasie. Aldus die werkgewer was voorraadopnames op Saterdae ‘n noodsaaklike voorvereiste van die werk self. Die werkgewer het ook aangevoer dat haar waardigheid nie aangetas was nie aangesien die senior bestuurder se neerhalende gedrag ‘n eenmalige gebeurtenis was. Die hof was egter nie bereid om hierdie weergawes van die werkgewer te aanvaar nie en die vergoeding is bekragtig.
Provided by Hugh Raichlin Attorneys Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.