Huiswerkers se Lone styg vanaf 1 Desember
Vanjaar se nuwe minimum lone vir huiswerkers word in die tabel hieronder uiteengesit.
Wie word hierdeur geraak?
- Alle huiswerkers in Suid-Afrika wat in ‘n private huishouding werksaam is.
- Huiswerkers in diens van diensverskaffers wat huiswerkers beskikbaar stel.
- Onafhanklike kontrakteurs wat huiswerk doen.
- ‘n Persoon wat by ‘n private woning vir vergoeding tuinmaak.
- Mense wat na kinders, siek mense of bejaarde mense of mense met gestremdhede in ‘n private woning omsien.
- ‘n Persoon wat die mense van die huishouding rondry.
Dit sluit egter die volgende mense uit:–
- Huiswerkers wat op plase werksaam is.
- Huiswerkers wie se aktiwiteite deur ‘n ander sektorale vasstelling of ooreenkoms van ‘n bedingingsraad gedek word, soos byvoorbeeld kontrakskoonmakers.
Is jy in Area A of Area B?
Area A sluit die meeste van die groot metropolitaanse gebiede in; Area B is al die ander gebiede. Kyk gerus na die volle lys op die Departement van Arbeid se webwerf.
(Indien die tabel nie korrek vertoon nie, kyk gerus na die aanlynweergawe) |
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.