Jou Desember Webwerwe: ‘n Keurversameling vir die Feesseisoen
Kom ons neem afskeid van die jaar 2016 en besoek ‘n paar webwerwe wat ons in die vakansiestemming sal kry. Of jy nou ‘n entrepreneur of ‘n werknemer is, ‘n vooraanstaande nyweraar of opkomende bestuurder, ‘n kantoorwerker of iemand wat van die huis af werksaam is; dit is jou geleentheid om te ontspan en die tyd saam met jou geliefdes te geniet!
Hoe om jou vakansie te geniet
Na ‘n lang jaar is dit belangrik dat jy jou batterye herlaai. Hopelik met ‘n goeie vakansie. Kyk gerus na die interessante artikel van die Telegraph ‘The science behind having a happy family holiday” op hul webwerf.
Daardie perfekte geskenk
Sukkel jy om die perfekte geskenk vir ‘n baie spesiale kliënt of familielid te vind? Indien jy nie te onhandig is nie, kan jy een van die Doen dit Self projekte aanpak in “Give the Perfect Handmade Gift with These DIY Projects” op LifeHacker.
Is daardie hotelresensie dalk net te goed om waar te wees?
Voordat jy ‘n hotelbespreking maak op sterkte van ‘n lofwaardige vyfster aanlynresensie, maak seker dat die resensie darem eg is. Hiervoor kan jy Review Skeptic gebruik. Dit is geskoei op navorsing van die Cornell Universiteit wat outonome rekenaarverwerking gebruik om valse hotelresensies te identifiseer. Hulle spog met akkuraatheid van byna 90%.
Jou hond se slaaptydstorie oor Nuwejaar
In dele van ons land word vuurwerke op Nuwejaarsaande geskiet as deel van die feesvieringe. Indien jou honde bang is, kan jy altyd Daily Record se slaaptydstorie op Audioboek speel. Die gepaste storie is “Calm canine nerves this Bonfire Night with bedtime story for dogs” op hul webblad. Jare se navorsing oor hondegedrag, bewese wenke oor dieresielkunde, kommunikasie-seine en sogenaamde bio-akoestiek word hier ingespan. Dit mag heel moontlik ook jou eie gemoedstoestand kalmeer. Jy kan ook kyk of dit net so goed vir die kat gaan werk.
Daardie vakansieherinneringe moet vir die nageslag opgeneem word! Wenke vir goeie selfoon video’s
Gelukkige gesinstye kan vir ewig vasgelê word met ‘n tuisfilm wat met jou slimfoon opgeneem word. Kyk gerus na “Make Great Videos with Your Phone” op lifewire.com. Rond die opname af met ‘n video redigeringstoepassing – vind die beste toepassings by “10 best video editor Apps for Android” hier of “5 of the nicest video editing Apps for iOS” hier.
Uit die HAT:
“promenadekonsert” s.nw – konsert in ‘n park of op ‘n plein waar die toehoorders kan rondbeweeg.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.