Ongetroude Vaders – Regte En Verantwoordelikhede
Weg, heeltemal weg – ‘n baba word oorsee geneem sonder die vader se medewete of toestemming
- Die moeder van ‘n kind van vier maande oud het met hom na Engeland vertrek met die doel om hulle permanent daar te gaan vestig. Sy het nie die vader van die kind se toestemming gevra of hom ingelig oor haar beplande hervestiging nie.
- Die biologiese ouers was nooit met mekaar getroud nie, hulle het ook nie saamgewoon of in ‘n permanente lewensverhouding met mekaar verkeer nie.
- Die vader het die hof in Engeland genader vir ‘n bevel dat die kind na Suid-Afrika moes terugkeer. Die Suid-Afrikaanse Hoë Hof met jurisdiksie moes eers bepaal of die kind se verwydering wettig was of nie.
- Nadat die saak op appèl geneem is, stem die Appèlhof steeds saam dat die verwydering onregmatig was. Dit het ‘n inbreuk gemaak op die vader se regte as voog – ‘n mens het die toestemming van al ‘n kind se voogde, of van die hof nodig om ‘n kind se paspoort op te vra en om die kind uit die land uit te neem.
Die Kinderwet bepaal dat ‘n ongetroude vader as ‘n voog erken sal word indien hy –
- Instem om as die kind se vader geïdentifiseer te word,
- Vir ‘n redelike tyd deel het en bydrae, of ten minste in goeie trou probeer bydrae, om die kind op te voed en groot te maak, en
- Vir ‘n redelike tyd finansieel bydrae, of in goeie trou probeer om finansieel by te dra tot die betaling van uitgawes en voldoening aan die onderhoudsbehoeftes van die minderjarige kind.
In die lig hiervan, het die hof die vader regtens erken as die kind se mede-voog met volle ouerlike regte en verantwoordelikhede. Die kind se verwydering uit Suid-Afrika was gevolglik in geheel onregmatig.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.