Die Hof vir Klein Eise – Vanaf 1 April Kan Jy Dagvaar Tot en Met R20,000
Die monetêre jurisdiksie van die Hof vir Klein Eise word vanaf 1 April 2019 van R15,000 na R20,000 verhoog.
Nie alle eise kan voor ‘n Hof vir Klein Eise gebring word nie –
-
Eise van meer as R20,000 moet in die gewone howe ingestel word (jy het wel die keuse om jou groter eis deur afstanddoening te verminder tot R20,000 om sodoende aan die perk te voldoen).
-
Slegs individue kan in die Hof vir Klein Eise dagvaar, dit wil sê nie maatskappye, beslote korporasies, trusts ensovoorts nie.
-
Die Staat en plaaslike owerhede kan slegs in die gewonde howe gedagvaar word. Buiten hierdie uitsonderings kan jy enigiemand in die Hof vir Klein Eise dagvaar, insluitende maatskappye beslote korporasies, trusts ensovoorts.
- Sekere soorte eise (byvoorbeeld egskeidingsaangeleenthede, sekere skadevergoedingseise, interdikte, dispute met betrekking tot testamente, ens.) moet ook in die gewone howe ingestel en deurgevoer word.
Selfs indien jou eis kwalifiseer om in die Hof vir Klein Eise aangehoor te word, oorweeg dit om jou prokureur vir advies oor jou beste plan van aksie te vra. Soms kan oënskynlike klein eise omvangryke nagevolge hê, en daar is geen plaasvervanger vir professionele advies nie.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.