Huiseienaarsverenigings: Wat Gebeur Wanneer Een Van Die Eienaars Gesekwestreer Word?
- Jy is ‘n lid van ‘n Huiseienaarsvereniging(“HEV”),
- Jou Huiseienaarsvereniging sukkel om agterstallige heffings van een van die ander eienaars, wat in finansiële moelikheid verkeer, in te vorder,
Die situasie met insolvensie
Ons het in die verlede daarop gewys dat die uiteenlopende uitsprake van verskillende Hoë Howe daarop gedui het dat die HEV op risiko was.
Die Hoogste Hof van Appèl het egter in twee onlangse uitsprake die posisie van die Huiseienaarsvereniging aansienlik versterk as dit kom by die verhaling van agterstallige heffings.
Die gevolg hiervan is dat waar ‘n eiendom tydens ‘n insolvensieproses verkoop word, kan die HEV daarop aandring dat agterstallige heffings ten volle vereffen word, voordat hul die nodige uitklaring gee vir die oordrag om deur te gaan. Die Appèlhof bevind dat die agterstallige heffings hanteer moet word as deel van die kostes wat nodig is om die eiendom van die hand te sit. Die agterstallige heffings moet dus eers betaal word, waarna die res van die opbrengs van die insolvensieverkoping aan die verbandhouer toegeken word. As daar hierna nog iets beskikbaar is, word dit pro rata aan die algemene skuldeisers toegeken. Die Huiseienaarsvereniging sal dus in bykans alle gevalle ten volle betaal word.
Huiseienaarsverenigings – maak seker van die volgende
Die bestaan van die Huiseienaarsvereniging sal mens gewoonlik as een van die voorwaardes in die eiendom se Titelakte aantref. Hiervolgens behoort alle eienaars verplig te word om–
- Lede te wees van die betrokke Huiseienaarsvereniging en om gebonde te wees aan die HEV se Grondwet (met reëls en regulasies wat onder andere die stiptelike vereffening van heffings vereis), en
- By die Huiseienaarsvereniging uitklaringsertifikate te verkry voordat oordrag in die Aktekantoor kan plaasvind, met die vereiste dat die Koper ook met oordrag outomaties lid word van die HEV en gebonde sal wees aan die Grondwet en aan alles wat met lidmaatskap saamgaan.
- Die betaling van heffings deurlopend te monitor;
- Dadelik op te tree om agterstallige heffings in te vorder, insluitende regsaksie indien nodig. Enige trae of oneffektiewe invorderingsprosesse gaan onnodige druk op die HEV se gemeenskaplike finansies plaas. In uitsonderlike gevalle kan die skuld selfs verjaar en onafdwingbaar word.
Finansieel is hier miljoene rande ter sprake. Die hof is meegedeel dat 35 bestuursagente – almal lede van die Nasionale Vereniging van Bestuursagente (“NAMA”) besig is om agterstallige heffings van R28 miljoen in te vorder van eiendomme wat deel is van gedwonge verkoopstransaksies. Waar die gedwonge verkoopsprys laag is en die agterstallige heffings hoog is, gaan die verbandhouers dalk ‘n gedeelte van die skuld moet afskryf.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.