November se webwerf: wat is “WOT”? Toets jou webwerf
Hoe sal jy nou weet of die webwerf veilig is om te besoek? Kan dit dalk ongewenste sagteware op die agtergrond na jou rekenaar oordra? Hou dit dalk ‘n bedrieglike aanlynaanbod aan niksvermoedende verbruikers voor? Is die skakels betroubaar? Kan jy met vrymoedigheid aanlyn handel?
Natuurlik staan jou rekenaar of netwerk se anti-virus en beskerming teen ongewenste sagteware reeds in die eerste linie teen die kuber-aanslae. Daar is egter gesofistikeerde gevare wat deur daardie net kan glip.
Veiligheid eerste
Dan is daar WOT (“Web of Trust”). Dit is ‘n gratis toevoeging tot soekenjins soos Chrome, Firefox, Internet Explorer, Opera en Safari. Dit gee vir jou saamgevatte terugvoering oor hoe miljoene gebruikers die webwerwe ervaar het uit die hoek van geloofwaardigheid en kinderveiligheid. Die eenvoudige aanduidings langs die webwerf bestaan uit ‘n groen sirkel vir “goed”, ‘n rooi sirkel is “sleg” en ‘n geel sirkel waarsku jou om versigtig te wees. ‘n Blou vraagteken op ‘n grys sirkel beteken dat die betrokke webwerf nog nie deur genoeg internetgebruikers beoordeel is nie.
Belangrik: Toets gereeld jou eie webwerf. Indien WOT enigiets anders as ‘n groen sirkel wys, beteken dit dat moontlike kliënte waarskynlik tot by jou webwerf kom, maar dan afgeskrik word deur die negatiewe WOT aanduiding en dan elders verder gaan soek. WOThanteer Reputasie aangeleenthede onder hul standaard FAQ’s met riglyne om jou weer vinnig op groen te kry.
Uit die HAT 6e Uitgawe 2015:
Uit die HAT 6e Uitgawe 2015:
“krooskarweier” (informeel) : ruim gesinsvoertuig soos ‘n bussie of stasiewa.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.