Hernu Jou Motorlisensie – Wat Moet Jy Saam Met Jou Neem
Indien jy ‘n voertuig registreer, ‘n voertuig lisensie bekom of hernu, ‘n rybewys bekom of hernu, of enige verandering in jou adres wil laat registreer, moet jy vanaf 1 November 2015 bewyse van die volgende lewer -
- Jou volle name, geboortedatum en ID nommer, by wyse van “enige vorm van aanvaarbare identifikasie”, en
- Jou woon- en posadres, in die vorm van “enige diensrekening”. Indien die diensrekening in iemand anders se naam is, moet jy dit indien tesame met ‘n verklaring of bevestiging van daardie ander persoon. Die persoon moet verklaar dat jy by daardie adres woonagtig is. Enigiemand wat in ‘n informele nedersetting bly, kan ‘n amptelike brief indien vanaf die wyksraadslid wat sy of haar pos- en woonadres bevestig.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.