Jou webwerf van die maand: Hoe om te voorkom dat jy 'n slagoffer van 'n “Tinder Swindler” of "Tinder-swendelaar" word
“But love is blind, and lovers cannot see” (Shakespeare)
Dink asseblief daaraan om hierdie artikel met enige familielid, vriend of kollega te deel wat daarby baat kan vind om te weet na watter "rooi vlae" om te kyk wanneer jy of hulle afspraaktoepassings en sosiale media gebruik.
Selfs al het jy nog nie die treffer Netflix-film “The Tinder Swindler” gekyk nie, sal jy weet van die wêreldwye probleem van swendelaars wat afspraaktoepassings en sosiale media gebruik om slagoffers sover te kry om aansienlike bedrae geld oor te betaal.
Harte word gebreek, lewens word verwoes, spaargeld is daarmee heen, groot en onbetaalbare skuld word aangegaan. Dit is maklik om te dink "Ek sal nooit daarvoor val nie". Die werklikheid is dat almal kwesbaar is. Hierdie swendelaars wat "romantiese bedrog" pleeg is meesters daarmee om geskikte slagoffers te identifiseer, hulle in te trek en om te probeer om hulle van alles wat hulle het, te besteel of te bedrieg.
Norton Security bied aan jou toepaslike inligting om jou te help om hierdie besmette waters veilig te navigeer. Kyk gerus na hul artikel “Romance scams in 2022: What you need to know + online dating scam statistics” hier.
As jy niks anders lees nie, kyk na die opskrifte wat ons vir jou uitgelig het –
- “What is a romance scam?” (Met 'n lys van die sewe mees algemene swendels.)
- “How romance scams work” (met Infografiese uiteensetting)
- “Warning signs: Lies romance scammers tell” (Ses rooi vlae met Infografika “Is Your Cyber Sweetheart Swindling You?”)
- “10 tips to avoid romance scammers and protect yourself” (met 'n lang lys van Moets en Moenies om jou te help)
- “How to report an online dating scam”
- “20+ online dating scam statistics” (Infographic “Heartbreaking Statistics”) [Dit is ‘n groot en groeiende probleem – in 2020 alleen het slagoffers sowat US $304 miljoen verloor.]
- “Romance scams on the rise”
- “The real price tags of online dating”
- “Online dating scams and older adults” (Dit is dalk iets waarteen jy jou eie ouers of ouer familielede of vriende kan waarsku om hulle teen hul eie goedgelowigheid of onkunde te beskerm.)
- “Who’s most susceptible to romance scams” (Dit kyk na wie vatbaar is vir hierdie swendelaars wat romanse voorhou.)
- “Stalker ware is trending up”
- “How a romance scam works” (met Infografiese uiteensetting)
- “Online Dating Advice” (met Infografiese uiteensetting)
As jy nie seker is dat jou aanlyn Prins (of Prinses) bo verdenking is nie, vra iemand wat jy vertrou vir objektiewe raad voordat jy jouself in 'n gat bevind waaruit jy nie kan ontsnap nie. As jy wel een van die vele slagoffers is, verkry dadelik professionele advies – hoe gouer jy dit doen, hoe vinniger kan jy uit so ‘n nagmerriesituasie ontsnap.
Uit die HAT:
swerkater s.nw. (afkeurend; verouderend) nare, gemene vent; niksnuts.
Kyk hoe bedrieg die swerkater my! Ek sal die swerkater in eie munt terugbetaal.
Provided by DGA - Debra Gouws Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.