Die Panama Dokumente, SARS en die (voorgestelde) nuwe SVDP
“The notion that there are any safe places to hide money is a thing of the past.” (Aldus ‘n Amerikaanse belastingkundige Mark Matthews)
Suid-Afrikaanse inwoners met rekeninge en beleggings in buitelandse belastinggebiede moet seker maak dat hulle in geheel voldoen aan alle plaaslike en internasionale verpligtinge oor belasting- en valutabeheer. Die onlangse lekkasie van inligting uit Panama, verlede jaar se HSBC lekkasies en ook die OECD se inisiatief om die outomatiese uitruiling van inligting te verseker, dui alles daarop dat niemand meer vir die belastingowerhede kan wegkruip nie.
As daar enige twyfel is, neem regsadvies oor die nuwe voorgestelde spesiale Vrywillige Openbaarmakingsprogram (“SVDP”). Onthou dat wanneer jy jou prokureur raadpleeg, geniet sodanige gesprekke die beskerming van die prokureur-kliënt privilegie. Die SVDP program is tydens die begrotingsrede aangekondig. Dit sal na verwagting vanaf 1 Oktober 2016 tot 31 Maart 2017 strek. Boete verligting en beskerming teen strafregtelike vervolging sal slegs beskikbaar wees indien aansoeke voor die sperdatum aan SARS se VDP eenheid gestuur word. Ons hou kliënte op hoogte, wanneer die amptelike sperdatum uiteindelik vasgestel en afgekondig word.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.