POPIA se Sperdatum is 30 Junie 2021 – Ignoreer die “Vals Hoofopskrifte”, maar begin met jou beplanning!
Moet nog nie paniekerig raak nie. Ignoreer die “vals opskrifte” in die media wat daarop sinspeel dat daar onmiddellik ‘n gevaar van nie-nakoming is. Terselfdertyd moet jy dit ook nie tot op die laaste nippertjie los nie! Die voorbereidings wat nodig gaan wees om nakoming te verseker gaan ‘n tydsame proses wees, en bykans elke Suid-Afrikaanse besigheid gaan daaraan moet voldoen. Daar gaan ook streng boetes vir nie-nakoming wees.
- Administratiewe boetes van tot en met R10 miljoen kan opgelê word;
- Daar is ‘n moontlikheid van strafregtelike vervolging (gevangenisstraf van tot en met 10 jaar kan opgelê word);
- Jy kan vir miljoene gedagvaar word deur enigiemand wie se inligting in gedrang gekom het. Hierdie is ‘n geval van “streng aanspreeklikheid”, wat beteken dat “opset of nalatigheid” aan jou kant nie bewys hoef te word nie.
- Indien jou inligtings-oortreding geopenbaar word, kan die verlies aan vertroue en die nadelige publisiteit baie skade aan jou besigheid rig.
Provided by Chennells Albertyn Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.