Begroting 2020: Goeie nuus vir Verkopers en Kopers van Eiendom, en ‘n paar nuttige belasting sakrekenaars
“To support the property market, the threshold for transfer duties is adjusted” (Minister van Finansies Tito Mboweni)‘n Verhoging van die Hereregte-vrystelling
Goeie nuus vir verkopers en kopers van eiendom. Die vrystellingsperk op hereregte is van R900 000 tot R1 000 000 verhoog. Sien gerus ons tabel hieronder vir meer besonderhede. Met die aanpassings sal kopers teen elke prysklas ‘n besparing sien. Iemand wat ‘n huis van R2.5 miljoen koop gaan ‘n welkome R17,000 minder Hereregte aan SARS moet betaal.
Hereregte
(Bron: Nasionale Tesourie)
Belasting Sakrekenaars – ons bied jou ‘n verskeidenheid.
- Hoe lank moet jy vandag vir die belastinggaarder werk?
Sleutel jou salaris op die 2020 Tax Clock calculator in en bepaal dan hoeveel ure jy vandag vir die belastinggaarder gaan werk. Jy kan vasstel presies wanneer jy uiteindelik vir jouself gaan begin werk. (Wees gewaarsku – dit is nie ‘n mooi prentjie nie!)
- Hoe gaan jou inkomstebelasting verander?
Sleutel jou maandelikse belasbare inkomste in op Fin24 se Begroting 2020 Income Tax Calculator om uit te vind.
- Hoeveel gaan jy hierdie jaar bykomend aan “sonde-belasting” moet betaal?
Bereken hoeveel meer jy vir wyn, bier, sterker drank en sigarette sal moet betaal (of hoeveel jy gaan bespaar indien jy gaan terugsny of in geheel ophou) met Fin24 se 2020 Begroting Sin Tax Calculator.
Provided by Chennells Albertyn Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.