Begin POPIA se een jaar sperdatum op 1 April te loop?
Gaan die hoofbepalings van POPIA (die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting) werklik op 1 April 2020 in werking tree, soos wat die media berig? Of is dit weer ‘n vals alarm? Hierdie keer wil dit voorkom asof dit die ware Jakob is. Die Inligtingsreguleerder het die President formeel versoek om ‘n aanvangsdatum vas te stel en aan te kondig.
Indien dit wel gebeur (ten tyde van publikasie is dit steeds onduidelik), het elke organisasie wat aan POPIA moet voldoen ‘n een jaar oorgangsperiode om hul sake in orde te kry. Hierdie periode verstryk op
31 Maart 2021.
Ons hou julle op hoogte met verdere inligting in die toekoms.
Provided by Chennells Albertyn Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.