Webtuiste van die Maand: Suid-Afrika in die 2020s – Grootpad of Grondpad (“High Road or Low Road”)?
“Will the 20s roar like they did in the last century or will the outcome be different?” (Clem Sunter)Wat presies hou die Twintig-Twintigs vir ons as Suid-Afrikaners in? Dit is ‘n belangrike vraag, nie slegs vir besighede en beleggers nie, maar vir almal van ons op ‘n baie persoonlike vlak.
Natuurlik is dit ook een van daardie vrae wat makliker is om te vra as om te antwoord. Soos die Nobelprys wenner Niels Bohr dit gestel het: “Dit is baie moeilik om ‘n voorspelling te maak, veral as dit oor die toekoms is.” Dink byvoorbeeld aan die nuwe COVID-19 koronavirus wat skielik sy opwagting gemaak het, en die groot impak daarvan op die wêreld en wêreld-ekonomieë.
Soos wat Clem Sunter (dink aan sy boek en sy aanbiedings “High Road or Low Road?” van die laat tagtigerjare) ons herinner, kan en moet ons steeds scenario-beplanning gebruik om onsself voor te berei vir enige van die groot verskeidenheid moontlike toekomstige uitkomstes. In sy artikel “The world and South Africa in the 2020s” (lees dit op Leader.co.za hier) bespreek hy al die belangrike globale en plaaslike gevaartekens en situasies om na op te let.
Kom ons hoop dat hy reg is wanneer hy sê hy glo daar is ‘n 80% waarskynlikheid dat Suid-Afrika sal “terugkeer na die “High Road” trajek, waar al die vlae (gevaartekens) wat ek genoem het groen is”. Mag hierdie Grootpad ook vars en goed geteer wees.
Uit die HAT: grondopbrengs s.nw. opbrengs wat die grond lewer;
die grondopbrengs verhoog deur oordeelkundige bewerking.
Provided by Chennells Albertyn Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.