Jou Webwerf van die Maand: ‘n Feesseisoen Kontrolelys vir jou huis se Sekuriteit
Lees hier hoe om die skurke te fnuik terwyl jy terselfdertyd jou jaarlikse vakansietyd geniet. Dit is mos ‘n tyd vir feesviering en ontspanning, eerder as ‘n tyd van bekommernis of alles gaan reg wees by die huis, of om na die tyd te stres oor ‘n inbraak (of erger).
“Locking Up For The Holidays: Your Home Security Guide” op die Private Property webwerf het ‘n handige kontrolelys tot jou beskikking. Dit is meestal gemik op huiseienaars wat uitstedig gaan wees, maar daar is ook goeie raad vir die wat met Jan Tuisbly se karretjie gaan reis.
Uit die HAT:
somersonstilstand s.nw. Tyd in die somer (21 Desember) wanneer die son die verste suid van die ewenaar is.
Provided by Jardim Bekker Inc
© DotNews. All Rights Reserved.