Laat meer as bates aan jou geliefdes na – los vir hulle 'n nalatenskap.
"'n Erfenisbrief is 'n manier waarop jy jou waardes, lewenslesse, gekoesterde herinneringe, hoop vir jou gesin se toekoms en enigiets anders kan deel wat regtig vir jou belangrik is."
Boedelbeplanning is noodsaaklik om te verseker dat daar na jou afsterwe behoorlik na jou geliefdes omgesien sal word. Dit is ook moontlik om verder as die praktiese en finansiële kwessies te gaan, om ook iets persoonliks, iets van jouself, na te laat.
Oorweeg hierdie drie eenvoudige stappe om te verseker dat jy nie net bates nalaat nie, maar ook 'n blywende en waardevolle nalatenskap –
- Eerstens, maak seker dat jou testament (“Laaste testament en wilsbeskikking”) geldig en op datum is. Dit is die beginpunt van jou plan om die mense vir wie jy omgee, te versorg en te beskerm.
- Spreek dan die finansiële en praktiese aspekte aan. Sal elkeen van jou geliefdes genoeg hê om hulle te onderhou? Sal daar genoeg kontant in jou boedel wees om in hul behoeftes te voorsien? Wat gaan gebeur terwyl die boedel afgehandel word en daar dalk vertragings met uitbetalings kan wees? Word die belange van kinders en enige ander kwesbare familielede beskerm? Het jy raad oor die oprigting van trusts ingewin? Het jy genoeg lewensversekering in plek? Het jy 'n volledige "Belangrike Inligtingslêer" nagelaat om jou eksekuteur en jou gesin in staat te stel om beheer van jou boedel te neem, en om hulle te help om die boedel af te handel?
- Nou kan jy ‘n stap verder gaan – moenie net jou boedel nalaat nie, los ook vir jou geliefdes 'n nalatenskap. Lees “How to Preserve Your Life’s Lessons for Future Generations” op Mission Wealth vir idees oor hoe om 'n betekenisvolle Erfenisbrief ("Legacy Letter") met jou gesin te deel. Volg die skakels in daardie artikel na "Leaving a Legacy" en "The New Way to Leave a Lasting Legacy".
Ons sluit af met hierdie wyse woorde uit daardie artikel: “Die goue reël van alle boedelbeplanning is: Moenie wag nie.”
Provided by DGA - Debra Gouws Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.