Jou September Webwerf: Wie Is Wie In Die Panamese Onthulling?
Het jy enige belangstelling in die onthullings van die sogenaamde “Panama Papers”? Jy kan meer te wete kom oor die bykans 320 000 maatskappye en trusts wat ter sprake is in hierdie onthullings. Hou in gedagte dat die blote feit dat iemand beleggings in ‘n ander jurisdiksie het, geensins dui op enige onwettigheid nie. Inteendeel, dit word algemeen aanvaar dat die oorgrote meerderheid van hierdie beleggings in Panama in geheel verklaar en wettig is.
Die konsortium van ondersoekende joernaliste wat hierdie inligting beskikbaar gestel het, is die ICIJ. Die publiek kan vrye toegang kry tot die ICIJ (“the International Consortium of Investigative Journalists”) se databasis oor hierdie Panamese strukture en beleggings –
-
Kyk eers na riglyne oor hoe om die databasis te ontgin by “Three tips for searching the Offshore Leaks database”
- Besoek dan “Offshore Leaks Database” en snuffel na hartelus (indien die webblad nie met Chrome wil oopmaak nie, probeer ‘n ander webblaaier soos Firefox of Microsoft Edge om dit oop te maak).
Uit die HAT
standvastig b.nw. bw. 1. wat nie wankel nie; onwrikbaar; onwankelbaar; beslis; ‘n standvastige leier; standvastige vertroue; ‘n standvastige huwelik.2. wat nie verander nie; volhardend; getrou; standvastig op een punt bly; iets standvastig weier; standvastig in jou liefde/lojaliteit/toeweiding bly. Standvastigheid
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.